Reeks maak verskil aan outisme
Gholf
Die Nedbank for Autism-gholfreeks se finale toernooi word môre by die Omeya gholfklub suid van Windhoek gespeel.
Die reeks is in Februarie vanjaar bekendgestel en hoewel sommige datums weens Covid-19 uitgestel moes word, het die momentum ná die inperking herstel en is meer as N$130 000 vir die Namibiese Vereniging vir Outisme ingesamel.
In môre se eindrondte word die wenners van elk van die nege kwalifiserende toernooie saam met verteenwoordigers van borge en genooide spelers gegroepeer, vir 'n totaal van 48 spelers op die baan.
Die Nedbank for Autism-reeks se toernooie is vanjaar op die bane van Gobabis, Hentiesbaai, Mariental, Omeya, Oshakati, die Windhoek Buiteklub, Rössmund buite Swakopmund, Tsumeb asook Walvisbaai gespeel.
Nedbank Namibië se kommunikasiebestuurder, mnr. Gernot de Klerk, sê die bank is trots om met die reeks vereenselwig te word.
“Dit was Nedbank se eerste jaar van betrokkenheid en ondanks die Covid-19-pandemie en nasionale noodtoestand was ons in staat om hierdie gholfreeks na nege dorpe in Namibië se gholfklubs te neem en in die proses meer as N$130 000 vir die bewusmaking van outisme in Namibië in te samel,” het hy gesê.
Die organiseerder Dan Zwiebel sê: “Ons is besonder trots dat ons geleenthede van gehalte kon aanbied by klubs waar entoesiastiese lede selde die geleentheid kry om in 'n professioneel gereëlde toernooi te speel. Die herskedulering om sewe van die nege toernooi binne net twee maande af te handel, was nogal 'n uitdaging, maar nadat die inperking opgehef is, kon ons weer aan die gang kom.
“Dit was wonderlik om die groot potensiaal van kleiner gholfklubs soos Mariental, Gobabis en Oshakati te sien. Ons is ook opgewonde dat twee junior spelers deurgedring het om in die finaal te speel. Die Nedbank for Autism-reeks het bykans 50 persent van alle aktiewe gholfspelers in die land bereik, wat nogal 'n prestasie is,” sê Zwiebel.
Nedbank Namibië bedank sy medeborge van die reeks, naamlik M+Z Motors, Old Mutual Wealth, Gondwana Collection, Engen Namibia, AfricaOnline, ComputerKit, Khomas Medical Centre, Taeuber & Corssen, Momentum korttermynversekering en Radiowave.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie