Registrasie van ingenieurs sloer
Registrasie van ingenieurs sloer

Registrasie van ingenieurs sloer

Ingenieurs wag reeds agt maande vir goedkeuring van hul registrasie-aansoeke.
Yolanda Nel
Yolanda Nel - Ingenieurs wat sedert Augustus wag vir goedkeuring van hul registrasie-aansoeke, gaan nog langer moet wag aangesien die Ingenieursraad van Namibië (ECN) eers onlangs ‘n evalueerder aangestel het.

Volgens ‘n ingenieur wat verlede jaar sy registrasie-aansoek ingedien het, is die getalm uiters frustrerend.

“Registrasies neem vier maande om te finaliseer,” het hy aan Republikein gesê. Volgens hom kan ingenieurs net twee keer ‘n jaar aansoeke indien om as professionele ingenieurs te registreer.

“Aansoekers is nooit in kennis gestel van die oponthoud nie, en het dit talle oproepe en e-posse aan die ECN gekos, wat onbeantwoord gebly het,” het die ingenieur gesê.

Hy het later noodgedwonge na die raad se kantoor toe gery om inligting te bekom.

Toe hy in Januarie navraag gedoen het, is vir hom gesê alle aansoeke word tans in 'n stoor gebêre omdat daar nie ‘n evalueerder is nie.

“Hulle het aangedui hulle sal moontlik teen die einde van die Januarie iemand aanstel,” het hy gesê.

Die ECN het vroeër die week eers op vrae gereageer wat reeds in Januarie gestuur is. Me. Ester Matheus van die raad het gesê die posisie van evalueerder word net gevul wanneer dit nodig is. Dit blyk ’n evalueerder is onlangs eers aangestel om die talle aansoeke van verlede jaar te verwerk.

“Evaluasies neem tussen drie tot vier maande om af te handel,” het sy in ‘n onderhoud gesê.

Op die vraag oor hoeveel aansoeke verlede jaar ontvang is, het sy gesê die verslae is ingedien en daar word op die resultate gewag.

Matheus kon nie sê waarom ‘n evalueerder nie vroeër aangestel is om die aansoeke te hanteer nie.

“Ek is nie seker waar die inligting (dat die raad nie ‘n evalueerder het) bekom is nie,” het sy gesê.

Sy het aangedui Namibië het die nodige kapasiteit om die aansoeke self te evalueer en dit is nie nodig vir professionele mense van Suid-Afrika om die werk te doen nie. Die raad digitaliseer tans die aansoeke om die proses te versnel.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!