Reis na die onbekende viswaters
Reis na die onbekende viswaters

Reis na die onbekende viswaters

Hengel
Des Erasmus
Des Erasmus



Die Namibiese vlag gaan wapper en die volkslied gaan opklink wanneer twee hengelspanne aanstaande week by Langebaan in die Wes-Kaap aan die Wêreldbekerkompetisie gaan deelneem.

Spanne van Afrika en verskeie oorsese lande trek die naweek daar saam waar dit van Dinsdag tot Vrydag man teen man en vrou teen vrou gaan wees.

Vir die Namibiese mans- en vrouespan is vandag se vertrek na Suid-Afrika soos 'n reis na die onbekende, al is dit net die grenskus van 'n buurman. Vangtoestande en hengelmetodes verskil hemelsbreed van dit wat hulle ken. Van die spesies waarna gesoek gaan word, is hier te lande bra onbekend en van die hengelwater van die strandmeergebiede en vleilande is kwalik dieper as 'n meter.

'n Hulpmiddel gaan wel 'n omvattende brosjure in vele tale oor die hengelgebiede en vangmetodes wees wat met die spanne se aankoms aan die deelnemers uitgedeel gaan word. Maandag is ook as 'n oefendag afgesonder waar deelnemers hulle van die uitdagings van die week sal kan vergewis.

Die Namibiese mansspan met Danie du Toit as bestuurder en Coenie Steyn as sy assistent is: Hennie Roets, André Muller, Morné Honiball, George Coetzee en Jörg Walter.

Die vrouespan staan onder bestuur van Coenie Steyn. Die span is Melanie Honiball, Sarah Coetzee, Nedjilka Kohler, Judy Langenhoven en Julia Hart.

Maandag gaan die openingsplegtigheid 'n swierige geleentheid wees met formasievlugte deur vliegtuie en 'n straatoptog en die deelnemende hengelaars in hul amptelike spandrag.

Dinsdag as eerste hengeldag gaan om 10:00 ingegooi word en moet die aas om 14:00 uit die water wees. Die tweede en derde dag is die vangtye van 11:00 tot om 15:00 en Vrydag word op die laaste dag om 09:00 ingegooi en moet alle toerusting om 13:00 aan wal wees.

Die verwagte vangste sal hoofsaaklik uit nie-eetbare spesies bestaan. Eetbare vis wat wel in die water aangetref word, is kabeljou, witstompneus, kolsterte en galjoen.

'n Vereiste vir inweeg is dat die vangs langer as 15 sentimeter moet wees met al die vis wat gevang word wat terug in die water geplaas moet word.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!