Reën demp Smith se vuurwerk
Krieket
Die tweede kriekettoets tussen Australië en Pakistan stuur op ’n onbesliste uitslag af, maar die skuld hiervoor kan nie voor die deur van die tuisspan se kaptein, Steve Smith, gelê word nie.
Smith het gister in Melbourne met ’n honderdtal sy span tot ’n voorsprong van 22 lopies oor Pakistan gevoer, voordat reën vir ’n soveelste keer ’n sê in dié kragmeting gehad het.
’n Storm het ’n vroeë teepouse meegebring net ná Smith sy 17de toetshonderdtal aangeteken het. Spel is egter afgelas weens die swaar reënbui by die Melbourne Cricket Ground (MCG).
Teen dié tyd het Australië reeds 465/6 op die telbord gehad in antwoord op die toeriste se 443/9 (beurt gesluit verklaar), met Smith en Mitchell Starc steeds voor die penne vir die tuisspan.
Al word mooi weer verwag vir vandag, die laaste dag van die toets, is daar waarskynlik te min tyd vir die Australiërs oor om ’n uitslag in die toets af te dwing.
Australië loop tans met 1-0 in die toetsreeks van drie kragmetings voor.
Smith het met die eerste bal van die middagsessie sy duisendste lopie vir die jaar aangeteken.
Die middelorde-kolwer Nic Maddinson is vir 22 deur Yasir Shah, Pakistan se bybreekbouler, skoongeboul. Dié groentjie is reeds onder groot druk ná ’n rits mislukkings met die wilgerlat.
Matthew Wade, Australië se paaltjiewagter, het vir drama gesorg toe hy Azhar Ali, wat naby hom veldwerk gedoen het, teen die kop raakgeslaan het met ’n trekhou. Al het Azhar ’n helm gedra, het die bal hom so hard getref dat hy inmekaar gesak en later deur mediese personeel van die veld gehelp is.
Wade, wat ook onder druk met die kolf is, het homself geen gunste bewys nie en het ’n wye aflewering van Sohail gejaag, wat maklik deur Asad Shafiq in die glippe gevang is. Hy is uit vir nege.
Usman Khawaja het vroeër sy sesde toetshonderdtal net-net misgeloop toe hy ná ’n ongedissiplineerde dryfhou ’n randjie bygekry het en vir 97 terug kleedkamer toe gestuur is. – Reuters

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie