Reu00ebn, reu00ebn, lieflike reu00ebn!
Reu00ebn, reu00ebn, lieflike reu00ebn!

Reën, reën, lieflike reën!

Karin Eloff
Wat meer is daar te sê? Namibiërs is half in skok. Ons kan nie ons oë, ore of harte glo nie. Net toe dit begin voel ons is heeltemal vergeet, nie vergewe en verlaat, gaan die hemel se sluise oop – wawyd oop!

Die sinkdakke sing, die kindertjies baljaar in melkteekleurige sandriviere, diere huppel in vars uitgegroeide gras wat buig en swaai in die reën en blink as die sonnetjie oor die wolke loer, die damme loop vol en die riviere brul behoorlik met die gedruis van waterinstroming.

Ons wêreld lyk weer soos 'n lewende ding wat jou met sy prag en praal meesleur.

En dit lyk of dié seëning nie sommer enige tyd sal ophou nie, al kom dit plek-plek in vreesaanjaende storms.

Ons kén eenvoudig nie meer sulke gulde reënervarings nie.

En hoe het ons vergeet! Ek lag lekker toe ek 'n neef se WhatsApp-boodskap sien. Hulle het die afgelope naweek deur Daan Viljoen se kronkelpaaie gery om die groot waters te ervaar wat in die riviere en vleie invloei.

Sy seuntjie, seker nou so oud soos die afgelope sewe jaar se groot droogte, gil geskok op sy pa en beveel hom om die kar se venters toe te maak. Die kind ken nie reën of rivier nie.

En sover ék kan onthou, was Namibië nog nooit op internasionale nuus oor reën nie, maar was nou reeds 'n paar keer die afgelope week op BBC!

Dit lyk of die droogte uiteindelik gebreek is, en al sit ons steeds met plae van Bybelse afmetings, is die gemoedere nou ligter, rustiger.

Dit móét wees; dit kan nie anders nie.

Met die begin van wat die reënseisoen moes wees, het ons eers be­swaard teen die warm son in gekyk, terwyl 'n motplaag oraloor die land sy verskyning gemaak het.

Ons water het egter nie in bloed verander nie al het die visrot die bedryf amper-amper in absolute skande verswelg.

Sprinkane het wel in die Noorde ­toegesak, maar ons is darem nie deur paddas, luise of goggas ­oorrompel nie.

Die mens is ook nog nie deur pestilensies verteer nie.

Ons het die kurkdroë jare oorleef! Ons is steeds hier en terug met 'n knal!

Ja, ons is steeds kwaad vir mekaar oor politiek en verkiesings; ons is kwaad oor gulsigheid en korrupsie; daar's dié wat Harambee en ander wat Itula; armoede en werkloosheid kwél; ons is bang vir corona en soms dink ons die wêreld is heeltemal berserk.

Maar vir eens, ná sewe lang kurkdroë jare, kan ons ten minste in die koelte van die lieflike reën 'n verfrissende asemteug neem en weet ons het genoeg seëninge om aan te gaan.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!