Rentekoers styg in SA
Die styging van 0,25 in Suid-Afrika van ’n persentasiepunt in die rentekoers beteken verbruikers met skuld moet meer geld vind vir hul huis- en motorlening.
Deur Hanlie Stadler - ie valbyl wat die afgelope ruk bo skuldbelaaide verbruikers in die buurland se nek hang, het Donderdagmiddag geval toe die Suid-Afrikaanse Reserwebank die rentekoers verhoog het.
Die styging van 0,25 van ’n persentasiepunt beteken die prima rentekoers van banke gaan van 10% tot 10,25% styg.
Só kan dit jou raak
Die styging van 0,25 van ’n persentasiepunt in die rentekoers beteken verbruikers met skuld moet meer geld vind vir hul huis- en motorlening en enige ander skuld wat aan die prima rentekoers gekoppel is.
As jy ’n huisverband van R1 miljoen het wat jy oor 20 jaar teen prima rentekoers afbetaal, gaan jy R168 meer elke maand moet betaal. As jy ’n motorlening van R200 000 het wat jy oor vyf jaar teen prima afbetaal, gaan jy R24 per maand meer moet betaal. Doen jou eie berekeninge gegrond op die rentekoers wat jy betaal en die termyn waaroor jy jou skuld afbetaal met behulp van ’n aanlyn rekenaar soos dié van ooba.
Drie van die ses lede van die monetêrebeleidskomitee (MBK) het ten gunste van ’n verhoging gestem en drie wou dit onveranderd hou. Dit beteken Lesetja Kganyago, president van die Reserwebank, se stem het die deurslag gegee. Hy is bekend as ’n matige valk. Kganyago het toegegee dit was ’n moeilike besluit, maar sê die MBK “beskou steeds die risiko’s vir die langertermyn-vooruitsig van inflasie as stygend”. Die risiko’s sluit in die swak rand, hoër loonstygings, internasionale oliepryse en stygende krag- en watertariewe.
Kganyago het ook daarop gewys dat rentekoerse in die VSA styg, hoewel baie geleidelik, en dat die Europese Sentrale Bank na verwagting teen einde 2019 ook sy rentekoers gaan verhoog.
“Die MBK moes besluit of hy nou gaan optree of later. Gegewe die betreklike stabiliteit in kerninflasie, sou uitstel die MBK kans kon gee om die ontvouende ontwikkelinge in volgende vergaderings te heroorweeg.
“As ’n mens die aanpassing uitstel, kan dit egter inflasieverwagtinge teen die hoër vlakke laat anker en dus bydra tot tweederonde-uitwerkings, wat dan in die toekoms ’n selfs sterker reaksie van monetêre beleid sal vereis.”
Die hoër inflasie gaan veral oor ’n jaar of twee realiseer. Op kort tot mediumtermyn het die Reserwebank selfs sy inflasieverwagting verlaag – hy verwag nou 4,7% vir 2018 (teenoor die verwagting van 4,8% in September) en 5,5% in 2019 (teenoor 5,7%). Vir 2020 is die verwagting onveranderd op 5,4%.
Die Reserwebank het ook sy verwagting vir ekonomiese groei vir 2018 verlaag tot net 0,6%. Dis teenoor 0,7% in September en die optimistiese 1,7% in Maart. Die groeiverwagting vir 2019 en 2020 is onveranderd gelaat op onderskeidelik 1,9% en 2%.
Die MBK glo die resessie het nie in die derde kwartaal voortgeduur nie. - Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie