Reënweer voed riviere see se kant toe
Des Erasmus
In die Spitzkoppe het naweekgangers gister in die natuur se eie swembad, 'n rotspoel teen die berghang, baljaar nadat die eerste noemenswaardige reën in jare ook dié dorsland bereik het.
Reënweer van die afgelope weke het sedert Donderdag weswaarts uitgebrei met Uis en die Brandberg wat ook buie gekry het waar die droogte op sy hewigste gewoed het.
Die Spitzkoppe as een van die natuurwondere van die Erongostreek het Vrydag 12 mm gekry en Saterdag is dit opgevolg met nog 5 mm. Waar 'n nuwe herberg agter die Spitzkoppe gebou word, was die neerslae ligter. Die rotspoel wat die naweekgangers gelok het, is 'n bergformasie wat vol stoot wanneer dit oor die naaldberg reën. Wanneer die poel vol is, het dit ook 'n natuurlike uitloop laer teen die hange af.
Die beste reën van die huidige seisoen het Vrydagaand oor die dorstige Uis uitgesak. Riana Fourie van Uis het Vrydagaand berig dat dit toe al 'n uur lank gereën het met beweringe dat tot 45 mm toe reeds op plekke geval het.
Wes van Uis het ligte buie oor die Brandberg White Lady Lodge en die berg self uitgesak.
Nog reën kan weer die Brandberg se poele laat volstoot met juis die waterloosheid van die droogte wat die berg 'n amperse geslote terrein vir bergklimmers van die wêreld gemaak het.
By die Brandberg White Lady Lodge was die Ugabrivier net 'n stroompie wat vinnig afgeloop het voordat die geweste van die woestynolifante bereik kon word. By die lodge het een van die owerstes gister gesê die olifante het reeds weggetrek ná die reën dieper in die binneland.
Vrydagaand het Franmari Becker van die kleinhoewe Henwood wes van Omaruru met 'n gedruis soos die van die see wakker geskrik. Dit was toe die Omaruru wat met nog 'n vloed afgekom het. Water in die Omaruru het reeds verlede week verby Nai-Nais as Uis se waterbron gestoot op pad na 'n pos bekend as Lêwater in die woestyn.
Saterdag was die water nog nie daar nie, maar daarvandaan is dit deur die Namib Omdel toe as 'n belangrike waterbron van die kusdorpe Hentiesbaai, Swakopmund en selfs Walvisbaai.
Venette Fouché van Omaruru het van Windhoek teruggekeer om by die egpaar se huis 'n boom op die dak van 'n pakkamer te kry. Die stormweer het ook met die dak van 'n buurman se huis gemors en by die Erongo
Wilderness Lodge het die wind een van die wande van 'n weeldetent laat skeur. Die windstorms het nie met veel reën saamgegaan nie.
Die Fouché-egpaar van Omaruru was gisteroggend van 'n lodge suid van Solitaire op pad huis toe. Op die roete het hulle op vloedwater in die Gaubrivier afgekom en 'n taamlike sterk stroom was onder die brug oor die Kuisebrivier wat dit deur die canyon sny. Daar was geen sprake van beweringe dat die brug oor die rivier meegegee het of in gevaar is nie.
Oos van Swakopmund was vloedwater in die Swakoprivier nog ver van die Goanikontes-oase sowat 40 km oos van Swakopmund.
Reënweer was ook welkom op Usakos met plekke in die omgewing wat tot 20 mm gekry het en ligter neerslae op die dorp self.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie