Reon’s beplan dié toere in 2016
Woodford Truffles South Africa het bevestig dat ’n Black Perigord-truffel onlangs in die Wes-Kaap op die plaas Altima, een van die landgoedere in die Anthonij Rupert Wyne-portefeulje, ontdek is.
’n Truffel is ’n tipe fungus wat onder die grond voorkom en bykans soos ’n aartappel met ’n growwe skil lyk. Dit groei hoofsaaklik in breëblaar-boswêreld op kalkryke gronde. Dit word as ’n kulinêre lekkerny beskou en kom veral in Frankryk voor, waar dit met die behulp van opgeleide honde of varke uitgesnuffel word. Die duurste truffels ter wêreld is teen N$38 817 vir 450g verkoop.
Nadat die bestuurspan van Altima, Coenie en Hanene van Dyk, die truffel vir ses jaar lank die nodige aandag en sorg gegee het, het hul “truffelhond” Clyde, ’n Jack Russel, dit aan die voet van een van die eikebome op die landgoed uitgesnuffel.
Die Altima-wynlandgoed word deur die bekende sakeman, Johann Rupert, besit en is naby sy Elandskloof-plaas buite Villiersdorp geleë.
Woodford Truffles SA se honde-afrigters is reeds die afgelope twee jaar op soek na hierdie skaars truffel. Die Italiaanse truffelghoeroe, prof. Alessandro Zambonelli, het vroeër vanjaar voorspel dat truffels een of ander tyd in hierdie gebied sal voorkom nadat hy ’n deeglike studie van die wortelstelsels van die bome op die landgoed gedoen het. Daarna het Clyde se skerp neus die truffel in Julie opgespoor.
Die bome sal in die toekoms op ’n weeklikse basis tot aan die einde van die winter-oesseisoen gemonitor word. Clyde en sy harige vennoot, Bonnie, sal gereeld ondersoek kom instel en Zippy, die plaas se jongste “truffeltoevoeging”, sal ook by hulle aansluit.
Suid-Afrika se eerste swart diamant-truffel is in Januarie vanjaar in Mpumalanga ontdek.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie