Reserviste bied hulp aan polisie

Opdrag om moordenaars te vang
Kristien Kruger
Kristien Kruger – Sowat 58 reserviste van die Khomasstreek is onlangs by die polisiekollege deur die Namibiese polisie verwelkom en bedank vir hul bereidwilligheid om misdaad in die land te beveg.
Volgens die streeksbevelvoerder, komm. Joseph Shikongo, is daar nou ongeveer 178 reserviste in die Khomasstreek. Die groep moet nog opleiding voltooi, maar sal daarna dieselfde magte as permanente polisiebeamptes hê.
Die reserviste moet glo tien ure per maand polisiediens doen, waarvan twee ure vir opleiding opsygesit word.
Volgens die polisiewoordvoerder, hoofinspekteur Kauna Shikwambi, het die Namibiese polisie die reserviste ingebring om die polisie te help vanweë die onlangse toename in misdaad in die streek.
Die onlangse gevalle sluit in die wrede moord by Avisdam op 14 Julie, die gewapende rooftog in Avis vroeër die maand, verskeie inbrake en ’n toename in dwelmhandelsake in.
Die nasionale polisiehoof, lt.genl. Sebastian Ndeitunga, het die reserviste bedank vir hul moeite om benewens hul daaglikse beroepe ook die polisie te help om misdaad te beveg.
“Ons voer ’n opdraande stryd. Ons kry nie misdaad uitgeroei nie. Ek gee vandag aan elkeen van julle die opdrag om die mans op te spoor wat vir die moord by Avisdam verantwoordelik is, sodat ons die vertroue van die publiek kan terugwen,” het Ndeitunga gesê.
[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!