Respek vir wette en vir mekaar
Padgebruiker skryf: Gun my asseblief die geleentheid om my siening te stel aangaande die geweldige toename in padongelukke.
Die ou mense het gesê “opvoeding begin by die huis” en ook “as jy kan vertrou word met klein dingetjies, kan jy vertrou word met groot dinge”.
Wat het dit te doen met padongelukke? Die opvoedingsdeel het te doen met basiese respek vir jouself en jou medemens. Basiese respek vir jou medepadgebruiker, voetganger, mede-Namibier en landswette.
Indien jy nie respek het vir jou medepadgebruiker of landswette in die stad by rooi ligte of sperstrepe nie of indruk voor geduldige bestuurders in lang rye, hoeveel meer gaan jy respek betoon indien jy teen spoed op die buitepaaie teen blinde hoogtes en oor sperstrepe voertuie verby gaan en jouself, jou passasiers en aankomende verkeer se lewens in gevaar stel?
Die huidige bestuurstyl van sekere padgebruikers wys duidelik dat padgebruikers nie meer respek het vir ander mense of die land se wette nie, want wie gee om?
Hulle kom daarmee weg!
Dit geld ook vir die klein dingetjies waarmee bestuurders wegkom. Dingetjies soos oor ‘n rooi lig ry, stop of parkeer waar jy wil, sonder rybewys ry, voertuie oorlaai, padtekens ignoreer, indruk soos jy wil – gaan kyk bietjie hoe lyk dit soggens op die kruising by Sam Nujoma en Bachstraat – bestuurders ry in die verkeerde baan en druk dan 2 tot 3 voertuie van voor af in. Die arme bestuurders in die binnebaan moet net vasbyt, anders word hulle voertuie beskadig.
Sommige van die gehoorsame binnebaanbestuurders sien ek neem al reg in eie hand en maak mildelik gebruik van pepersproei, vyfpondhamers, handgebare en ARB-bosbrekers. Waar is ons verkeersmense om die wet toe te pas?
Indien die bestuurders nie vir hierdie “klein” oortredinge vasgevat gaan word nie, hoekom sal hulle hulle dan steur aan die “groot” oortredinge? Die probleem is die “groot” oortredinge kos mense se lewens.
Aan die wetstoepassers: Begin om die bestuurders in die stad vas te vat en kry die klein dingetjies onder beheer – die groot dinge sal self volg.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie