• Tuisblad
  • Sake
  • Reuseboete vir Santam, Hollard oor prysvasstelling
Reuseboete vir Santam, Hollard oor prysvasstelling
Reuseboete vir Santam, Hollard oor prysvasstelling

Reuseboete vir Santam, Hollard oor prysvasstelling

Ronelle Rademeyer
Ronelle Rademeyer



Die korttermynversekeraars Santam Namibia en Hollard Insurance Company of Namibia het ingestem om 'n boete van N$20,5 miljoen aan die Namibiese Mede­dingingskommissie (NaCC) te betaal omdat hulle die mededingingswet deur prysvasstelling oortree het.

Hulle het dit gedoen deur ooreenkomste aan te gaan oor die ­maksimum toegelate winste en tariewe vir paneelkloppers wanneer versekerde voertuie wat in ­ongelukke was, herstel word. Die kommissie het gister bevestig hy het skikkingsooreenkomste met dié twee korttermynversekeraars aangegaan in die lig van sy uitgebreide ondersoek na prysvasstelling in die ­Namibiese korttermyn-versekeringsbedryf.

Old Mutual Short-Term Insur­ance Company Namibia (Omsic), Outsurance Insurance Company of Namibia, Phoenix Namibia Assurance Company,

Alexander Forbes Insurance en Momentum Short-Term Insurance is ook deel van die ondersoek.

“Die kommissie se voorlopige ondersoek het bevind die voorgenoemde versekeringsmaatskappye hulle in stryd met die mededingingswet skuldig gemaak aan prysvasstelling deur byeen te kom en die maksimum winste en tariewe te bepaal wat paneelkloppers vir die herstel van versekerde voertuie mag vra,” lui die verklaring.

Afdeling 23(1) van die wet verbied ooreenkomste of gesamentlike praktyke wat mededinging voorkom of verminder.

Die NaCC sê Santam en Hollard het hom genader om ingevolge afdeling 40 van die wet te skik.

“Beide Santam en Hollard het erken dat hulle “onbedoeld” die wet oortree het,” sê die kommissie verder in sy verklaring.

Die partye het ingevolge die skikkingsooreenkoms ingestel tot 'n boete van N$15 miljoen vir Santam en N$5,5 miljoen vir Hollard.

Die twee maatskappye het verder ingestem om maatreëls te implementeer wat in die toekoms sulke mededigingsoortredinge sal uitskakel, sê die kommissie.

Hy doen verder 'n beroep op die ander korttermynversekeraars om Santam en Hollard se voorbeeld te volg.

“Die kommissie wil benadruk die deur bly oop vir ander versekeringsmaatskappye om ook te skik,” lui die verklaring.

Pogings gistermiddag om mnr. Riaan Vermeulen, voorsitter van die Namibië Versekeringvereniging, om kommentaar te nader, was onsuksesvol.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!