Reusetender vir spoorstawe gekanselleer
‘n Tekort aan geld het ‘n stokkie gesteek voor ‘n N$1,4 miljard-opgraderingsprojek aan die land se spoorlyne.
Catherine Sasman - Die permanente sekretaris van werke en vervoer, mnr. Willem Goeieman, sê die kansellering van al vier die tenders vir die aankoop en lewering van spoorstawe in grootmaat is genoodsaak deur die geldknyp waarin die regering hom bevind.
Drie van die tenders was vir die leweringe van 20 000 ton spoorstawe vir die opgradering van die spoorlyn tussen Walvisbaai en Kranzberg, Kranzberg en Otjiwarongo en Otjiwarongo en Tsumeb. Dit strek oor 600 km.
Die vierde tender was vir die eerste fase van ‘n tonnel oor die spoorlyn tussen Aus en Lüderitz om te keer dat dit deur sand toegewaai word. Dit sluit die sylyn by Haalenberg in.
Die ministerie van werke en vervoer het nie aangedui hoeveel kontrakteurs vir die projek getender het nie.
Goeieman, wat verlede week ‘n vergadering van die Internasionale Martieme Organisasie in Londen bygewoon het, sê die tender sal weer aanstaande jaar geadverteer word.
Dit volg ná die N$10 miljard-lening van die Afrika Ontwikkelingsbank waarvan N$6 miljard aangewend sal word om die regering se begrotingstekort te finansier en die ander N$4 miljard om vir kapitaalprojekte in die pad-, spoor, landbou- en onderwyssektor te betaal.
Dié grootskaalse spoorlynverbeteringstenders is sowat 18 maande gelede teen ‘n gesamentlike koste van nagenoeg N$1,4 miljard geadverteer.
“Ons het nie geld om die projekte nou aan te pak nie,” sê Goeieman. “Ons sal dit aanstaande jaar weer binne die nuwe Verkrygingswet adverteer.”
Vroeër is berig 75 tenderaansoeke is ontvang – hoofsaaklik van Chinese maatskappye in vennootskapsooreenkomste met Namibiese maatskappye. Kontrakteurs van Zimbabwe en Zambië het ook tenders ingedien.
In daardie stadium het kenners in die bedryf die wysheid van die regering se besluit om op een slag so ‘n reusehoeveelheid spoorstawe op een slag aan te koop, bevraagteken. Volgens hulle berekenings sal dit nie minder nie as tien jaar neem om die opgraderings aan die noordelike spoorlyn te doen.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie