Reusevloed dreig steeds
Namibië se Hidrologiese Dienste het opnuut teen vloede gewaarsku en meen die eintlike “groot massa water” is nog op pad.
Elvira Hattingh - Sou ’n efundja vanjaar eindelik afkom, kan dit soortgelyk of selfs groter wees aan dié van 2011.
Me. Pauline Mufeti, hoof van hidrologie by die ministerie van landbou, water en bosbou se Hidrologiese Dienste, meen die huidige omstandighede kan ’n rekord-efundja veroorsaak – veral as dit nóg reën.
Boonop, waarsku sy, is ’n klomp water tans stroomop vanuit Angola na die noorde van Namibië op pad.
Dit volg nadat talle huishoudings in Oshakati die afgelope reeds weens vloede verskuif moes word.
Mufeti sê die efundja het nóg nie afgekom nie.
“Die water in die Sentraal-Noorde se oshanas is vanweë gelokaliseerde, swaar reëns in noordelike Namibië op die grens self, asook in die suidelike dele van Angola.
“Die ware efundja, oftewel groot massas water, is nog op pad vanuit die Cuvelai se opvangsgebiede,” het sy gesê.
“Tot dusver was 2011 se efundja die grootste een in menseheugenis. Daar is aanduidings dat vanjaar s’n uitsonderlik sterk kan wees – veral as dit aanhou reën en vloede ontstaan.
“Dít omdat talle oshanas in die noorde al water hou en die grond reeds versadig aan reënwater is terwyl gelokaliseerde, swaar reëns reeds tans nog vloede bring,” het Mufeti gister aan Republikein gesê.
Mufeti sê die afgelope naweek is meer as 100 mm reën op plekke in die Cuvelai se opvangsgebied aangeteken.
“Ons het die naweek gesien talle weerstasies op die Namibië-Angola-grens toon ’n vinnige, skielike styging van vloedwater. Ons span het ook vasgestel meer water is op pad.
“Ons glo hierdie is toe te skryf aan nabygeleë reëns. Terselfdertyd versamel meer vloedwater tans stroomop in die Cuvelai-opvangsgebied.”
Mufeti het ’n vloedverslag die afgelope Maandag uitgestuur waarvolgens ’n sterk vloei van vloedwater Maandagoggend by weerstasies by Okatana (2,36 m), Oshikuku (1,27 m), Shanalumono (0,97 m), Endola (0,81 m), Engela (0,65 m), Shakambebe (0,63 m) en Shahaingu (0,61 m) waargeneem is.
“Gebeurlikheidsplanne teen vloede is noodsaaklik in die Omusati-, Oshana-, Ohangwena-, Kavango-Wes- en Kavango-Oosstreek. Gemeenskappe wat in gebiede woon wat tot vloede geneig is, moet die nodige voorsorgmaatreëls tref,” het Mufeti gesê.
Terselfdertyd styg die Okavangorivier se vlakke by Rundu steeds en sal dit waarskynlik binnekort die 8 m-merk bereik. Die Kunenerivier loop ook weer sterker en het Maandagmôre teen 810,4 m³ per sekonde verby Ruacana gevloei, terwyl meer water stroomop op pad is.
Die Zambezirivier se vlakke by Katima Mulilo styg en staan tans op 3,12 m.
“Die rivier oorstroom sy walle wanneer dit die 4 m-merk bereik. Daarom moet mense langs dié rivier ook vroegtydig voorsorg teen vloede begin tref,” het Mufeti gewaarsku.
GESINNE IN TENTE
Intussen berig Nampa dat talle huishoudings in Oshakati reeds die afgelope Sondag weens vloede verskuif is.
Oshakati se burgemeester, mnr. Angelus Iiyambo het aan Nampa gesê oorstromings het reeds rondom 01:00 Sondagoggend begin en die huishoudings moes in twintig tente op hoër grond gehuisves word.
Hy sê die meeste van hierdie mense het gebiede egter onwettig beset en hul huise het die vloei van die water belemmer.
Die informele nedersettings wat die ergste deur die vloede geraak is, is Oshoopala, Oneshila, Evululuko en Okandjengedi.
Die vloede het ook veroorsaak dat skoolonderrig op talle plekke gestaak is.
Dit sluit in skole in die Onandjaba-nedersetting in die Omusatistreek asook by landelike skole by Onampira, Shituwa en Edundja in die Ohangwenastreek.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie