RFD bevestig ondersoek oor binnehandel met rand
Nellie Brand-Jonker - Die Raad op Finansiële Dienste (RFD) het bevestig hy is besig om die “ongewone verhandeling” in die valutatermynkontrakte te ondersoek voor Pravin Gordhan as minister van finansies afgedank is.
Netwerk24 het op 11 April berig volgens die DA het die RFD het aan hom gesê dit word ondersoek.
Die RFD het nou in ’n verklaring bevestig sy departement van markmisbruik is besig met ’n ondersoek oor moontlike binnehandel in sekere valutatermynkontrakte.
Dit werk so: Wanneer ’n groot aankondiging gedoen word, doen die JSE altyd ’n ondersoek oor alle verhandeling in die mark wat voor dit plaasgevind het.
Indien die JSE onraad vermoed, word dit aan die RFD se direktoraat van markmisbruik gerapporteer wat dan ’n ondersoek moet doen.
Die twee ondersoeke word gewoonlik verwar.
Die RFD sê die proses het begin ná ’n verslag wat op 11 April van die JSE oor die kwessie ontvang is.
Sodra die ondersoek afgehandel is, sal die departement van markmisbruik ’n verslag met sy bevindinge aan die direktoraat van markmisbruik oorhandig, lui die RFD se verklaring.
Dié direktoraat kan dan besluit of die saak na die RFD se wetstoepassingskomitee verwys moet word om stappe teen die oortreders te doen.
Andersins kan die direktoraat besluit om die saak te sluit indien hy glo daar is nie genoegsame bewyse van binnehandel nie.
Indien die saak na die wetstoepassingskomitee verwys word, sal ’n uitspraak gepubliseer word sodra die saak afgehandel is.
Openbaarmaking oor die besonderhede van die ondersoek is aan art. 22 van die RFD se wet onderhewig. Die wet verbied personeel om enige inligting wat ingesamel is te openbaar.
Die RFD sê hoe lank die ondersoek sal duur word bepaal deur hoe ingewikkeld die saak is.
Ondersoek
Die spesifieke verwysing na ’n datum wat die JSE sy verslag aan die RFD oorhandig het hou waarskynlik daarmee verband dat David Maynier, die DA se woordvoerder oor finansies in die parlement, voorheen gesê het adv. Dube Tshidi, uitvoerende hoof van die RFD, het op 3 April aan hom teruggeskryf en gesê hy het Gerhard van Deventer, die hoof van wetstoepassing, opdrag gegee om die kwessie te ondersoek.
Maynier het voorheen gesê wydverspreide kommer bestaan dat sekere verhandeling op die JSE rondom die afdanking van Gordhan binnehandel was.
“Daar is ’n mate van omstandigheidsgetuienis wat daarop dui dat dit gebeur het, en dat iemand met vooraf kennis van die afdanking wesenlik bevoordeel is.”
Volgens Maynier het hy daarom op 31 Maart die RFD versoek om binnehandel in transaksies op die JSE se markte te ondersoek, het Netwerk24 voorheen berig.
Die JSE het reeds voorheen aangekondig hy het moontlike verdagte transaksies by die RFD aangemeld.
Die rand het met 2,5% verswak voordat die nuus bevestig is dat Gordhan van oorsee af teruggeroep is.
Voor die tyd het markwaarnemers bespiegel daar is beleggers wat kortverkope van die rand gedoen het, berig Reuters.
Kortverkope verwys na instrumente wat geleen word teen ’n sekere prys, en in die mark verkoop word met die verwagting dat dit later teen ’n laer prys in die mark teruggekoop sal kan word. Die verskil tussen die twee pryse is dan iemand se wins. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie