Romney loop deur ná kritiek op Trump
'n Republikeinse senator se broerskind os een van talle Republikeine wat hom oor die kole gehaal het oor sy besluit om dié meningstuk minder as 48 uur voordat hy as senator ingehuldig word, te laat publiseer.
Die nuutverkose Republikeinse senator Mitt Romney se kritiek op pres. Donald Trump in The Washington Post is “teleurstellend en onproduktief”, het die voorsitter van die Republikeinse nasionale komitee in die VSA Woensdag gesê.
Die voorsitter van dié komitee is niemand anders nie as Romney se broerskind, Ronna McDaniel.
McDaniel is een van talle Republikeine wat Romney oor die kole gehaal het oor sy besluit om dié meningstuk minder as 48 uur voordat hy as senator ingehuldig word, te laat publiseer.
McDaniel het getwiet dat Romney se aanval op Trump presies is wat die Demokrate en die media wil hê.
Huffington Post berig dat Trump self Woensdag in ’n twiet ’n dwarsklap na Romney gemik het deur te skryf: “Sou eerder wou hê dat Mitt op veiligheid by die grens en so baie ander dinge fokus waar hy meer behulpsaam kon wees.
“Ek het groot gewen en hy het nie. Hy behoort namens alle Republikeine gelukkig te wees. Wees ’n spanspeler en wen!”Romney het die Amerikaanse presidentsverkiesing in November 2012 verloor toe Barack Obama herkies is.
Romney het Trump in sy meningstuk in The Washington Post daarvan beskuldig dat hy die Amerikaanse nasie verdeel en dat sy woorde en dade tot ontsteltenis in die wêreld lei. “Om ons leierskap in die wêreldpolitiek terug te kry, moet ons foute in ons leierskap op eie bodem regstel,” het Romney geskryf. - Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie