Rompslomp pootjie groei
Elvira Hattingh - “Probleme met werkskepping kan nie opgelos word deur middel van wetgewing van die parlement, ’nasionale visie X’, ’nasionale ontwikkelingsplan Y’ of ‘hersiene nasionale ontwikkelingsplan Z’, meer regulasies of belastings nie.
“Die private sektor sal nie hierdie werkgeleenthede skep solank ons meer en meer burokratiese regulasies die hoof moet bied nie. Die enigste en ware manier om werk te skep, is om dit makliker vir werkgewers te maak om meer mense in diens te neem.”
So sê adv. Vekuii Rukoro, oudpresident van die Namibiese Werkgewersfederasie (NEF), waarvan die jaarvergadering Dinsdag in Windhoek plaasgevind het. Rukoro het aangedui dat hy vanjaar as NEF-president uittree.
Rukoro was nie teenwoordig om sy toespraak te lewer nie, maar mnr. Tim Parkhouse, NEF se sekretaris, het ’n kort opsomming van sy verslag tydens die vergadering gegee en belanghebbendes na Rukoro se volledige toespraak in die jaarverslag verwys.
“Ek wil dit duidelik stel: Namibië se werkgewers is gereed om die regering te steun, maar ons vra dat julle ons op ’n openhartige en deursigtige wyse raadpleeg sonder om ons toe te gooi onder berge beleide en raamwerke,” het hy gesê.
Die NEF is bekommerd oor die rigting wat Namibië se ekonomie inslaan terwyl Namibië een van die hoogste Gini-koëffisiëntvlakke in die wêreld het. ’n Gini-koëffisiënt meet die inkomsteverdeling van ’n land se inwoners en is ’n aanduiding van die gaping tussen die rykes en die armes.
“Met dié agtergrond kan ’n mens nie anders as om die rasionaal te bevraagteken waarin die aantal parlementariërs vermeerder word, wat op die beurt die regverdiging geword het om ’n nuwe en groter parlementsgebou van N$2,2 miljard te bou nie. Daar is ook planne om ’n BBP-lughawe-eindpunt van sowat N$30 miljoen by die Eros-lughawe te bou.
“Dit alles, terwyl Windhoek se water vir sy nywerhede en vir menslike gebruik opraak. Kan dié geld nie eerder gekanaliseer word vir ’n langtermynoplossing vir die waterkwessie nie, of om ondernemings te help om meer werk te skep en vernietigende armoede die hoof te bied nie?”
Rukoro het ook gesê besighede gaan ernstig gebuk onder ’n tekort aan vaardighede en word genoodsaak om voortdurend buitelanders hiervoor aan te stel.
“’n Ernstige tekort bestaan – veral op bestuursvlak en onder geskoolde ambagsmanne. Terselfdertyd het baie jongmense oor die afgelope weke by die Namibië Universiteit van Wetenskap en Tegnologie (Nust), die Universiteit van Namibië (Unam) en die Internasionale Universiteit van Bestuursake (IUM) hul grade ontvang.
“Hoekom ly ons steeds aan ’n tekort?
“Ek dink die vraag is – beskik hierdie graduandi oor kwalifikasies wat in aanvraag is en weet ons werklik watter tekorte bestaan in watter rigtings? Ek doen ’n beroep op die regering om dringend ’n nasionale studie van stapel te stuur om vas te stel watter tekorte bestaan. Die studie moet ook maklik op ’n jaarlikse basis bygewerk kan word,” het Rukoro gesê.
In sy toespraak sê hy oor openbare-private vennootskappe, dat die regering nie alleen kwessies met migrasie, werkloosheid, armoede en die ekonomie kan oplos nie.
“Dieselfde geld vir werkers en werknemers. Ernstige drieledige besprekings en betrokkenheid is nodig. Terwyl ons die regering nodig het om wette en reëls vas te stel, moet dié wette en reëls slegs toegepas word ná ernstige besprekings en raadpleging. Nie op ’n manier van ‘ons het julle geraadpleeg, maar doen in elk geval ons eie ding nie’!”
Hy het ook gesê SADC moet daarna kyk om die binnelandse situasie sodanig te verbeter dat Afrikane nie meer hul lande verlaat en hul lewens waag om elders ’n beter lewe te gaan soek nie. Volgens hom moet SADC gereed wees hiervoor, hoewel dit tot dusver nog nie bespreek is nie.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie