Rooikruis help red menselewens
‘n STEUNPILAAR in tyd van nood wat sy roeping gestand doen en wat die besigste organisasie is om die cholera-uitbreking in die Kunene-streek te bekamp en daarmee menselewens te red, is die Rooikruisvereniging.
Die vereniging het 33 gemeenskapsberaders in die ganse Kunene- streek wat onder meer help om naas hul gewone MIV en vigs beradingsprogram, muskietnette en watersuiweringstablette uit te deel; gemeenskapstoilette oprig in die omgewings van Okanguati, Sesfontein, Okavare, Otjomuhaka en Epupa en handpompe vervaardig waarmee die inwoners water uit die boorgate pomp.
Die werkers van die Rooikruisvereniging is ook betrokke by die Opuwo-hospitaal, by MIV en vigs tuissorgprogramme, water en sanitasieprojekte, asook by watersuiwering.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie