Rothen wend hom tot sielkundige
Rothen wend hom tot sielkundige

Rothen wend hom tot sielkundige

Die enigste klag waarop Rothen nie skuldig bevind is nie, is ’n klag wat met die oortreding van die wet op beslote korporasies verband hou.
Denver Kisting
Denver Kisting – Die bejaarde Switserse burger mnr. Hans-Peter Rothen, wat onlangs op 10 klagte van bedrog skuldig bevind is, gaan hom ter strafversagting tot ‘n sielkundige wend.

Gisteroggend het regter Naomi Shivute in die hoërhof in Windhoek gehoor die 72-jarige Rothen sal tussen twee en ‘n half en drie weke pal deur ‘n terapeut geëvalueer moet word.

Ná afloop van dié sessies sal ‘n verslag na verwagting aan die hof voorgelê word om Rothen te help om die hof te oortuig om hom te begenadig.

Regter Shivute het die verrigtinge tot Woensdag 16 Mei vanjaar uitgestel.

Dié verwikkelinge bring mee dat Rothen nie kragtens een van sy borgtogvoorwaardes by die polisie langs die kus sal kan aanmeld nie.

Volgens sy prokureur, mnr. Piet Burger, is die sielkundige in die hoofstad gestasioneer en sal Rothen vir die duur van die sessies hier moet bly.

Shivute het egter gesê voor die presiese datums van die beplande evaluerings nie bekend is nie, kan sy nie borgtogvoorwaardes dienooreenkomstig wysig nie.

Die verwagting is dat Burger, adjunk-aanklaer-generaal Ingrid Husselmann, wat die staat verteenwoordig, en die regter sal vergader sodra die inligting bekend is.

Rothen, wat gisteroggend moeisaam by die beskuldigdebank ingesukkel het, is einde Februarie is op 10 klagte van bedrog en een van diefstal van meer as N$1 miljoen skuldig bevind.

Advokaat Louis Botes, wat in opdrag van Burger optree, het die hof toe ingelig dat Rothen homself vyf keer per dag weens diabetes inspuit, aan hoë bloeddruk ly en in Desember ‘n bloeiende maagseer gehad het waarvoor hy bloedoortappings moes ontvang.

Botes het gesê hy het geen twyfel nie dat Rothen nie op die vlug sal slaan nie, maar wel sy verhoor tot aan die einde gaan bywoon.

Regter Shivute het Rothen opnuut op borgtog vrygelaat. Sy het egter sy oorspronklike borgtog van N$25 000 na N$50 000 verhoog.

Borgtogvoorwaardes

Naas die verhoogde borgtog moes Rothen sy paspoort by die kantoor van die registrateur van die hoërhof indien. Rothen het permanente verblyfreg in Namibië en woon op Swakopmund.

Rothen moet voorts twee keer per week by die ondersoekbeampte by die Walvisbaai-polisiestasie aanmeld – Woensdae en Vrydae tussen 08:00 en 10:00. Weens die beplande sielkundige sessies sal dié voorwaarde waarskynlik aangepas word sodat Rothen in Windhoek by die polisie kan aanmeld.

Die enigste klag waarop Rothen nie skuldig bevind is nie, is ‘n klag wat met die oortreding van die wet op beslote korporasies verband hou. Volgens regter Shivute het dieselfde feite vir daardie klag gegeld as vir die ander elf. Hoewel die staat in sulke gevalle geoorloof is om soveel klagte soos wat dit goed ag teen ‘n beskuldigde te bring, berus die besluit by die hof om ‘n beskuldigde op alle klagte skuldig te bevind al dan nie.

Agtergrond

Rothen se skuldigbevinding volg nadat ‘n sakeverhouding tussen hom en mnr. Bernd Muller sowat 14 jaar gelede skeefgeloop het.

Die mans was lede van ‘n beslote korporasie waarin elkeen ‘n 50%-belang gehad het en wat ten doel gehad het om eiendom op Swakopmund te ontwikkel.

Daar is suksesvol aangevoer Rothen het tussen Januarie 2003 en Maart die daaropvolgende jaar verskeie tjeks van die ministerie van finansies onregmatig in die rekening van ‘n ander beslote korporasie betaal. Dié tjeks was terugbetalings van belasting op toegevoegde waarde (BTW).

Hy was die enigste lid van dié besigheid. Die bedrag het sowat N$1,1 miljoen beloop. Die geld was vir die gesamentlike besigheid bestem.

Wat die diefstalklag betref, het die hof bevind Rothen het N$150 000 van sy en Muller se besigheid gesteel en beweer dit is salarisbetalings wat Rothen en sy vrou toegekom het.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!