Roudiens vir Jamie vandag
Die Private Skool Welwitschia hou vandag ’n roudiens vir die 19-jarige Jamie von Francois wat Woensdag in ’n ongeluk in Windhoek dood is. Die roudiens vir Jamie, ’n matriekleerling aan die skool, begin om 12:00 in die skoolsaal. Nog ’n roudiens vind vandag om 18:00 by die Lutherse Kerk in Khomasdal plaas. Jamie is dood ná hy op ’n draai beheer oor die Jeep verloor het waarvan hy die bestuurder was. Die Jeep het die pad verlaat en omgeslaan.
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie