RP: Kiesuitslae sal weer gekook word
Catherine Sasman - Die Republikeinse Party (RP) se leier, mnr. Henk Mudge, voer aan die party kon in 2014 net een setel wen omdat die kiesuitslae gekook was.
In die Kavangostreke was daar volgens hom meer ingeskrewe lede as die stemme wat die party ontvang het.
Die RP voer aan die gebruik van Indies vervaardigde elektroniese stemmasjiene (EVM’s) is op grond van regsadvies aan die party duidelik in stryd met verkiesingswetgewing.
Van die Verkiesingskommissie (ECN) se belofte om ‘n papierspoor in die stelsel in te bou, het volgens Mudge niks gekom nie, net soos ’n mosie oor die EVM’s wat in die parlement gedien het en na ’n parlementêre komitee vir oorweging verwys is.
Hierdie is volgens die RP deel van vertragingstaktiek om seker te maak 2019 se verkiesingsuitslae kan opnuut gemanipuleer word.
Mudge het gesê net vier ander partye was bereid om ’n dringende hofaansoek teen die gebruik van EVM’s te help finansier, naamlik die RDP, Workers’ Revolutionary Party (WRP), Swanu en die Congress of Democrats (CoD).
Hy het ook beweer Swapo het sekere opposisiepartye setels gebied in ruil daarvoor om die beplande hofsaak nie te ondersteun nie.
Die RP wou die ECN met die hofaansoek dwing om opnuut gedrukte stembriewe te gebruik.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie