Rössing skenk mediese voorraad
Augetto Graig
Die Rössing-uraanmyn het mediese voorraad ter waarde van N$1 miljoen aan gesondheidsgeriewe in die Erongostreek geskenk.
Die goewerneur van dié streek, mnr. Neville Andre, het die skenking op 22 Julie in ontvangs geneem.
Die begunstigdes sluit in die Swakopmundse staatshospitaal, die Arandis-kliniek, Swakopmund MediClinic, die Omaruru-staatshospitaal, die Tamariskia-kliniek, die Mondesa-kliniek en Pathcare op Swakopmund.
Die besturende direkteur van Rössing, mnr. Johan Coetzee, sê: “Rössing glo sterk om die pandemie te oorwin moet ons koördineer, saam werk, en alles doen wat ons kan om die verspreiding van Covid-19 te bekamp. Terwyl ons in ongekende waters is, verstaan ons ten volle die groot druk waaronder die regering is, en dus is ek baie bly dat ons maatskappy kan help.”
Rössing het verlede jaar reeds ’n suurstofaanleg aan die Walvisbaaise staatshospitaal ter waarde van N$3,8 miljoen geskenk.
Die staatshospitaal op Swakopmund het nou ook beddegoed, draagbare beddens, rolstoele, beskermende kleredrag (PPE’s), bloeddrukmeters en 150 welvaartspa-behandelingsbewyse aan verpleegsters gekry.
’n Bykomende 150 verpleegsters van Swakopmund MediClinic en 15 verpleegsters van die Arandis-kliniek word ook op dié manier bederf, asook die personeel by die Tamariskia-kliniek, die Mondesa-kliniek en Pathcare-Swakopmund. – [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie