Rugby beplan reeds vir 2023

Rugby
Tielman van Lill
Tielman van Lill - Die Namibiese Rugbyunie (NRU) en die Namibiese Sekondêre Skolerugby (NSSR) het onlangs met voorbereidings vir die 2023 Wêreldbeker, volgende jaar se Craven-, Grant Khomo- en Akademieweek afgeskop.

’n Weeklange oefenkamp is by Affiespark in Pionierspark aangebied waaraan meer as 100 seuns deelgeneem het. Die seuns is almal die Vrydag en Saterdag voor die oefenkamp behoorlik deur PD Stoman getoets sodat hul inligting volgende jaar in die Foot Print-program geplaas kan word. Die seuns het opleiding in wêreldrugby se waardes, anti-stimulantebeleid en basiese vaardighede ontvang.

Vooraanstaande afrigters soos Henry Kemp, Vince Dreyer, Jaco Engels en Rodger Thompson het die kursusgangers onder hande geneem en selfs Pieter de Villiers, die gewese Springbokbreier, was beskikbaar om die seuns se kennis te verbreed.

’n Vlak twee-afrigtingskursus is terselfdertyd aan 25 hoërskool- en laerskoolafrigters deur Henry Kemp aangebied waarna hulle die geleentheid gekry het om hul nuutgevonde kennis op die proef te stel.

Mnr. Abie van Wyk van die Namibiese Sekondêre Skolerugby het sy dank en waardering teenoor die NRU uitgespreek wat N$100 000 in dié voorbereiding belê het. Borge soos Fruit & Vegs, Namib Mills, Namica, Windhoek Afrikaanse Privaatskool, Coca-Cola en Trustco is die borge wat die kamp moontlik gemaak het.

“Ons opregte dank aan die borge en die NRU wat hierdie geleentheid vir ons seuns moontlik gemaak het,” het Van Wyk gesê.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!