Rutjindo voer Jong Gladiators aan
Rutjindo voer Jong Gladiators aan

Rutjindo voer Jong Gladiators aan

Sokker
Die Namibiese o.20 vrouesokkerspan se kaptein vir die naweek, Julia Rutjindo, is een van daardie spesiale mense wat in minstens twee sportkodes uitblink.

Die 19-jarige speler wat as een van agt kinders in Katutura se stowwerige strate grootgeword het, het in beide netbal en sokker die Namibiese Skolesportunie (NSSU) se nasionale spanne gehaal.

Rutjindo voer Sondag in die Sam Nujoma-stadion die Namibiese o.20-vroue in 'n 2020 Wêreldbeker kwalifiserende wedstryd teen Botswana aan (afskoptyd 17:00).

Die graad 12-skolier van die Sekondêre Skool Immanuel Shifidi was verlede jaar kaptein vir die o.20's se debuutverskyning in 'n Cosafa-toernooi waar hulle die kwarteindstryd gehaal het, maar die naweek stap sy die eerste keer op tuiswerf vooraan.

“Ons het Dinsdagaand 'n oefenwedstryd teen Ramblers gespeel en die meisies se fiksheidvlak lyk goed,” sê Rutjindo, 'n voornemende regstudent wat haar klubsokker vir Tigers speel en ook reeds vir die senior Brave Gladiators uitgedraf het. – NFA.org.na

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!