Ry veilig in die feestyd
In die afgelope drie maande het die sterftesyfer op Namibiese paaie afgeneem.
Genl.maj. (afgetree) Charles Namoloh; Minister van veiligheid en sekuriteit; “Padgebruikers moet geleer word hoe om ‘n pad te gebruik.”
Veldtog begin
Augetto Graig - Sedert sedert 1 Augustus het die aantal sterftes weens motorongelukke op nasionale paaie met 31% verminder in vergelyking met 2017.
Dié statistiek is deur die hoofbeampte van die Namibiese Motorvoertuigongeluk-fonds (MVAF), me. Rosalia Martins-Hausiku, tydens die aanvang van die padveiligheidsveldtog vir die 2018-feesseisoen verskaf. Die veldtog duur vanaf 28 November tot 9 Januarie.
Die jongste syfers van die MVAF se noodoproepsentrum dui ook op ‘n 9%-afname in ongelukke, asook 18% minder beserings.
Die Nasionale Padveiligheidsraad (NRSC) het die geleentheid gereël om ook terugvoering te gee oor die 12 maande-ontplooiing van mannekrag op die B1- en B2-roete vanaf Augustus.
Mnr. Eliphas !Owos-Ôab, voorsitter van die raad, het gesê op die NRSC se sesde konferensie is besluit om in sigbare wetstoepassing te belê.
Die raad bestee maandeliks N$426 000 aan ondersteuning aan Nampol en plaaslike owerhede, asook vir logistieke behoeftes. Teen die einde van die projek sal dit die raad N$5,6 miljoen kos.
Met die geld is 64 verkeerspolisiebeamptes ontplooi na plekke waar ongelukke gereeld plaasvind.
Die MVAF se N$500 000-bydrae dek ook 15 nuwe toestelle vir alkohol-analise en openbare inligting-inisiatiewe, soos ‘Stand Sober’ teen dronkbestuur, ‘Click for Life’ vir die gebruik van veiligheidsgordels, ‘Slow Down and Save Lives’ teen spoed, asook een gemik op passasiers wat openbare vervoer gebruik, het Martins-Hausiku gesê.
Die dek ook die koste van noodreaksiepersoneel op Walvisbaai, Swakopmund, Otjiwarongo, Oshakati, Rundu en Mariental, volgens haar.
Die hoofbeampte van die Paaieowerheid (RA), mnr. Conrad Lutombi, het gesê die hulpbronne word deur die owerheid verantwoordelik vir die instandhouding van paaie in Namibië gebruik om padongelukke te bekamp.
‘n Ondersoek is gedoen om plekke op hoofroetes te identifiseer waar baie ongelukke plaasvind, en aandag is aan veral padtekens gegee, het Lutombi gesê. Die bou van dubbelpaaie sal ook trompop botsings verminder, terwyl toetsfasiliteite aangepas word om veiliger voertuie en beter bestuurders goed te keur.
Hy het gesê beperkings op sekere paaie vir swaarvoertuie help ook om ongelukke te voorkom. Voorts verskaf die RA vir sy bykans 500 werknemers opleiding in padveiligheid, wat ander maatskappye ook moet doen, volgens Lutombi.
In sy toespraak het die minister van veiligheid en sekuriteit, genl.maj. (afgetree) Charles Namoloh, op veral lisensiëring van voertuie en bestuurders klem gelê.
Hy sê oortreders se rybewyse moet opgeskort word, en jong bestuurders moet beter opgelei word.
“Padgebruikers moet geleer word hoe om ‘n pad te gebruik,” het hy gesê. “As jy jou lisensie gekoop het, is jy nie ‘n bestuurder nie - jy is ‘n skelm.”
Die minister van werke en vervoer, mnr. John Mutorwa, het die kernboodskap saamgevat: “God sal ons nie beskerm as ons doelbewus verkeerde dinge doen nie.
“Ons weet almal wat is die verskil tussen goed en kwaad. Die belangrikste faktore wat bydra tot padongelukke is wetteloosheid, roekeloosheid, spoed en moegheid, asook ongelisensieerde bestuurders en voertuie,” het hy gesê.
“Ons gebruik ons goeie paaie om onsself dood te maak. Dit is ‘n kwessie van houding.”

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie