Rysmiere woel in die verbruiker se beursie
Kosprentjie donker vir armes
Dr. Kobus Laubscher
Volgens die jongste voedselprysmonitor van die Nasionale Bemarkingsraad (NMC), trek die armste deel van die Suid-Afrikaanse bevolking swaar.
Volgens hierdie verslag het dié deel van die bevolking in Oktober vanjaar 55,6% van sy besteebare inkomste aan voedsel bestee. (''n Jaar gelede was dit 49.6%).
Die vyf gewildste bestanddele in hierdie mandjie het jaar-op-jaar-stygings van bykans 22% getoon. Die NMC bereken ook die koste van ''n sogenaamde 23-item kosmandjie en die koste hiervan het met R64,38 of 12,1% tot R595,07 per maand gestyg.
Vir die land in geheel het inflasie in Oktober onverwags met 6,4% en kosinflasie met 11,7% toegeneem. Die slegte nuus is dat inflasiedruk kan toeneem, veral in die laer inkomstegroepe waar die afhanklikheid van veral stapelvoedsel soos mieliemeel en brood, skerp stygings vanaf reeds hoë prysvlakke getoon het.
Dit is verder ''n bekende feit dat verbruikers te midde van sulke prysstygings kleiner hoeveelhede per keer koop en daar verskil inflasie ook. Jaar op jaar het die prys van 1 kg super mieliemeel met amper 30% toegeneem, maar die 5 kg-verpakking het amper 38% meer gekos. Spesiale mieliemeel se 2,5 kg-verpakking het met amper 64% toegeneem, soos in die geval van die 1 kg-verpakking.
Die pryse van wit- en bruinbrood was bykans 14% meer as ''n jaar gelede. Kookolie se prysstygings raak aan die 20%. Aartappelpryse se styging van 25% is ''n verdere aanduiding van die druk waaronder die verbruiker verkeer.
Wat egter verontrustend is, is die klagtes vanaf die plaashek. Aartappelboere berig van nie-lonende pryse en koringboere wil nie bemark teen plaaspryse wat soveel as R1 000 per ton minder is nie. Die plaaslike pluimveebedryf veg om oorlewing teen goedkoper ingevoerde produkte waarvan die oorsprongmarkte anders as in Suid-Afrika werk.
Met stygings van meer as 50% in die pryse van hoendervleis, sal die verbruiker oortuig moet word dat dit in sy belang is dat daar ''n invoerheffing van meer as 35% nodig is om die binnelandse bedryf te beskerm teen invoere (wat die grootste deel van binnelandse aanbod uitmaak) en binnelandse pryse kan as gevolg van tariefbeskerming styg.
Internasioneel
Internasionale prystendense toon dat die prysvakansie van die afgelope tyd verby is met stygende tendense wat gerapporteer word. Suider-Afrika kan dus nie anders as om invoerafhanklikheid te verminder om sodoende die verwagte toename in pryse internasionaal, saam met swakker wisselkoerse, te buffer nie.
Daar is êrens ''n groot skroef los as mens dink aan die implikasies van die jongste inligting. Minder mense, veral die armste deel van die bevolking, het geen vooruitsig op ''n keuse van kos vir Kersfees nie. Hulle sal moet eet wat hulle kan bekostig en dit is redelik om te verwag dat huishoudelike voedselonsekerheid gaan toeneem.
Dus is daar toenemende kommer oor die vermorsing van kos wat wel die winkelrak bereik, maar nie die bord van die verbruiker nie. Amptelike navorsing deur Werkmans wys op beleidteenstrydighede. Die praktiese toepassing van sekere wette op die higiëniese hantering van kos wat die “sell by”-datum nader, het tot gevolg dat kos wat nog geskik is vir menslike verbruik, onverbruik vernietig word.
Die situasie vra dringende hersiening om balans te vind tussen moontlike aanspreeklikheid vir die gevolge van “ou” kos versus hongersnood. Daar is sienings dat dié wette te eng toegepas of vertolk word en so baie mense ontneem van voedsel wat nog bruikbaar was.
Die gestateerde syfers is eintlik tragies, want kosvermorsing in lande suid van die Sahara is ''n fraksie van byvoorbeeld dié van die VSA op ''n per capita- basis.
Die voedselketting kan verder gerek word as die betrokke beleide beter kan sinkroniseer.
Herbesin
Daar rus twee swaarde oor ons koppe: Enersyds die geleentheidkoste van verbruikbare kos wat verlore gaan in terme van mense wat honger gaan slaap en die verantwoordelikheid ten opsigte van voedselsekuriteit – meer kos van minder hulpbronne.
Balans ontbreek omdat die probleem nie verstaan word nie en as dit verstaan word, die politieke wil ontbreek. Oormatige klem op verhoogde produktiwiteit maak dele van die waardeketting onnodig kwesbaar omdat dit pryse afdwing (en boere dan die spit afbyt). Kos wat onbekostigbaar is vir die massas arm mense noodsaak herbesinning ten opsigte van beter hersirkulasie soos wat ons met water sal moet doen.
Landbou se vermoë om mense kos te gee, behoort nie aan bande gelê te word deur beleidstoertjies en amptenare met vol mae wat nie bekommerd is oor die meer mae wat gevul moet word nie.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie