Su00f3 gaan kospryse jou gal werk in 2017
Su00f3 gaan kospryse jou gal werk in 2017

Só gaan kospryse jou gal werk in 2017

Die aanplantings vir die 2017-mielieseisoen gaan na verwagting uiteindelik weer die vyfjaargemiddelde haal.
Jo-Mare Duddy Booysen
Hanlie Stadler - Die styging in kospryse – met die belangrike uitsondering van vleispryse – is waarskynlik uiteindelik dié maand by die boonste draaipunt.

Statistieke Suid-Afrika (SSA) het gister bekend gemaak dat inflasie tot 6,6% – die tweede hoogste koers vir die jaar nadat inflasie in Februarie 7% was – gestyg het. Kosprysinflasie (drinkgoed uitgesluit) het tot 11,8% op ’n jaargrondslag verlangsaam, vanaf 12% in Oktober.

Kosprysinflasie sal na verwagting weer in Desember hoër wees, bloot weens die prysstygings in dié maand. Daarna sal verbruikers mettertyd nie soseer verligting begin voel nie, maar die inflasieskroewe sal minder styf gedraai word.

Wandile Sihlobo, ekonoom van die landbousakekamer Agbiz, sê die effens laer kosprysinflasie in November is danksy laer stygings in die koers waarteen melk, eiers en kaas (10,2%), olie en vette (12%), groente (12,2%), en die kategorie “ander kos” (12,3%) gestyg het.

Die maanddaling van 0,7% in suiwelpryse is bloot ’n seisoenale tendens soos wat die voorraad melk toeneem wanneer weiding verbeter. Olie en vette word ook goedkoper (0,6%) sodra sonneblomsade geoes word.

Van jaar tot jaar het die prys van brood en grane (17%), vleis (6%), vis (10,6%) en vrugte (25%) egter steeds skerper gestyg as vantevore, en Sihlobo sê dit weerspieël maar weer die uitwerking van die langdurige droogte.

Sihlobo verwag dat algehele kosprysinflasie in 2017 sal begin daal, maar binne jou mandjie sal vleispryse na verwagting nog maande lank skerp styg omdat slagkoerse skerp afgeneem het soos wat boere hul kuddes ná die droogte begin herbou.

Brood- en graanpryse sal stadiger begin styg danksy beter weersomstandighede wat die vooruitsig vir die 2017-oes verbeter het.

Die aanplantings vir die 2017-mielieseisoen gaan na verwagting uiteindelik weer die vyfjaargemiddelde haal. Die Wêreld-voedsel-en-landbouorganisasie (VLO) van die Verenigde Nasies voorspel dat Suid-Afrika se mielieoes in 2017 12 miljoen ton sal beloop, teenoor die geraamde 7,7 miljoen ton in 2016.

Die prys van witmielies tot dusver in Desember is al 20% laer as die hoogtepunt in Februarie en geelmielies is al 15% goedkoper as die rekord wat in Mei gestel is. – Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!