Su00f3 het JSE oor 40 jaar verander
Su00f3 het JSE oor 40 jaar verander

Só het JSE oor 40 jaar verander

'n Vergelykende studie van hoe die fortuine van die top maatskappye wat op die Johannesburg se aandelebeurs genoteer is, toon groot veranderinge die afgelope 40 jaar.
Niel Joubert



Die samestelling van die tien grootste maatskappye op die JSE in 1976 teenoor vandag wys hoe die plaaslike beurs verander en gegroei het.

BayHill Capital het 'n ontleding gedoen van die grootste maatskappye volgens markwaarde in 1976, 1986, 1996, 2006 en 2016.

Volgens BayHill was die grootste maatskappy in 1976 die chemiese groep AECI, wat 'n markwaarde van sowat R300 miljoen gehad het. Vandag het die maatskappy 'n markkapitalisasie van sowat R14,1 miljard, maar dit is nie naastenby in die liga van vandag se grotes nie.

Die grootste maatskappy in 2016 was British American Tobacco (BAT), met 'n markwaarde van R1 583,8 miljard, volgens BayHill Capital.

Sasol was die grootste maatskappy in 1986, met 'n markwaarde van net oor die R5 miljard.

Dié Suid-Afrikaanse maatskappy is ook vandag nog een van die grotes, met 'n markwaarde van sowat R270 miljard.

Die SA Brouerye, wat later SAB­Miller geword het, was in 1996 die grootste maatskappy. Verlede jaar het Anheuser-Busch InBev (AB InBev), die wêreld se grootste bierbrouer, die Suid-Afrikaanse bierreus oorgeneem en SABMiller is dus nie meer op die JSE genoteer nie.

In 2006 het die hulpbronmaat­skappy oorheers. Die grootste maat­skappy was Anglo American, met 'n markwaarde van sowat R570 miljard, gevolg deur BHP Billiton en Amplats.

Naspers se geweldige groei van die afgelope dekade word weerspieël in die feit dat hy in 2006 nog nie onder die tien grootstes was nie, maar in 2016 die naasgrootste maatskappy op die beurs was met 'n markwaarde van meer as R900 miljard. -Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!