Só moet mielies gelewer word
Die inname van mielies was een van die sake op die agenda toe die bestuur van die Akkerbouprodusentevereniging (APV) verlede week in Windhoek vergader het om kwessies in die akkerboubedryf te bespreek.
Produsente word deur die bestuur daaraan herinner dat die mielie-inname deur Namib Mills vanjaar soos volg sal geskied: Produsente in die Ooste (Hochfeld en Summerdown) en die Suide (Hardap) kry voorkeur in die lewering van mielies direk na Windhoek.
Die mielies uit die mieliedriehoek sal op Otavi ingeneem word.
Produsente uit die Ooste moet ten minste een week voordat hulle lewer, vir Namib Mills in kennis stel sodat die skedule beplan kan word.
Indien daar bergruimte in Windhoek is, kan die mieliedriehoek-produsente ook hulle mielies direk na die hoofstad vervoer, berig die Nambië Landbou-unie (NLU) in sy weeklikse nuusbrief.
Die voorwaarde hiervoor dat dat produsente dit vroegtydig by die NLU se kantoor aanmeld deur Rina Hough te kontak.
Vir die volgende twee weke kan mieliedriehoek-produsente egter nie hul mielies Windhoek toe vervoer nie aangesien die silo's nie plek het nie. Die NLU sal hierdie produsente betyds in kennis stel sodra hulle weer mielies Windhoek toe kan bring.
Die verpoelingstelsel (wat beteken dat produsente elke tweede week betaal sal word soos wat Namib Mills die mielies maal), is ook bespreek om te kyk hoe die proses van betaling verbeter kan word.
Die tegniese probleme is uitgelig en versekering is gegee dat dit onmiddellik aandag sal geniet.
Verder is die prysformule vir die bepaling van die mielieprys vir 2019 ook in diepte bespreek en verdere gesprekke met alle belanghebbendes sal plaasvind voordat dit teen Oktober vanjaar gefinaliseer word, sê die NLU in sy nuusbrief.
Lede word versoek om met die onderskeie streeksverteenwoordigers in verbinding te tree vir agtergrond hieroor en om insette te lewer.
Tydens die vergadering is die verbouing van alternatiewe gewasse soos sesamesaad en kekerertjies ook bespreek en studies word beplan om te kyk of dit 'n opsie vir Namibiese produsente is.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie