Só trek FBI pakkiebom-verdagte vas
DNS, vingerafdrukke en selfoonseine het die Amerikaanse speurburo (FBI) na ’n motoronderdelehandelaar se parkeerterrein in Florida in die VSA gelei waar hulle Cesar Sayoc (56) in hegtenis geneem het in verband met pakkiebomme wat aan prominente persone gestuur is.
CNN berig ’n deurbraak in die ondersoek het Donderdag gekom toe vyf van die pakkies na ’n possortering- en verspreidingsentrum buite Miami gestuur is.
Met die soektog gefokus op die gebied, het die DNS en vingerafdrukke wat op die pakkie, wat aan Maxine Waters, ’n kongreslid, gestuur is, ondersoekers na Sayoc gelei.
Selfoon-GPS-inligting was ook deurslaggewend.Hy het vermoedelik minstens 14 pakkiebomme aan kritici van pres. Donald Trump van Amerika gestuur.
Sayoc, ’n deeltydse pizza-afleweraar, is Vrydag buite ’n motoronderdele-winkel in Plantation, Florida, in hegtenis geneem en is intussen aangekla.
PRO-TRUMP-UITLATINGS
Hy is aangekla van die vervoer en onwettige pos van plofstowwe, die bedreiging van ’n voormalige president, die dreigende kommunikasie tussen state en die aanranding van federale offisiere. Indien hy skuldig bevind word, kan Sayoc tot 48 jaar agter tralies deurbring.
Owerhede het tydens sy inhegtenisname op ’n wit voertuig beslag gelê wat hy skynbaar as ’n woning gebruik het. Op die voertuig se ruite vertoon plakkers met die leuse “CNN SUCKS”, asook pro-Trump-uitlatings en beelde van demokratiese leiers wie se gesigte met rooi kruise uitgekrap is.
Christopher Wray, direkteur van die FBI, sê Sayoc se arrestasie is egter nie die einde van die gevaar nie. “Daar kan nog pakkies wees wat tans vervoer word en steeds op pad is,” sê Wray. ’n Bron in die FBI het aan Reuters gesê dat owerhede ondersoek of ander individue ook betrokke was en dat nog inhegtenisnames moontlik is. – Netwerk24/Reuters

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie