SA sakeleiers eis kommissie van ondersoek
Suid-Afrika het 'n onafhanklike geregtelike kommissie van ondersoek nodig om vertroue in die ekonomie, demokrasie en toekoms van die land te verseker.
Business Leadership South Africa (BLSA) sê die “giftige wolk wat oor die kantoor van die president hang”, vreet aan die geloofwaardigheid van ons regering en bring skade aan beleggersvertroue.
“As dié krisis nie dringend onder beheer gebring word nie, gaan ons 'n toename in armoede en ongelykheid sien,” sê die BLSA in 'n verklaring.
Die vereniging sê sy kommer word deur politieke partye soos die ANC en SAKP, Cosatu en nou ook die Suid-Afrikaanse Raad van Kerke, gedeel.
“Die BLSA stem saam dat hierdie wolk van agterdog tot voordeel van die welstand van al die burgers van ons land verwyder moet word.
“Ons weet die president het die openbare beskermer se verslag oor staatskaping onder hersiening geneem en die aanbeveling van 'n geregtelike kommissie van ondersoek as 'uitkontraktering' van die pligte van die kantoor van die openbare beskermer bevraagteken.
“Ons weet ook die Grondwet verplig die president om in die beste belang van die land op te tree. Ons doen dus 'n beroep op pres. Jacob Zuma om die belange van die land eerste te plaas en om eens en vir altyd die verwoestende bewerings van staatskaping uit die weg te ruim deur 'n onafhanklike geregtelike kommissie van ondersoek aan te stel,” sê die BLSA.
Die vereniging sê hy het reeds op 28 April, toe hy met die president en die leierskap van die ANC vergader het, hierdie kwessies bespreek.
“Ons neem kennis van die erns van die bewerings en die 'bevindinge' soos wat in die openbare beskermer se verslag uiteengesit is.”
Die BLSA sê hy dring aan op die ondersoek, want indien die gebeure wel waar is, hou dit risiko's in vir die konstitusionele regering én die rentmeesterskap van die ekonomie.
Die BLSA sê hy is ook bekommerd dat individue waarna daar in die verslag verwys word, nie in enige nuwe poste aangestel word wat openbare vertroue vereis totdat hulle vrygespreek is van enige aanklagte nie.
“Ons hou by ons opinie oor die heraanstelling van Brian Molefe as uitvoerende hoof van Eskom. Ons doen 'n beroep op die regering om sy magte as aandeelhouer in Eskom te gebruik om hierdie besluit onmiddellik om te keer en Eskom se bestaande direksie te vervang.
“Ons demokratiese staatsinstellings is op alle vlakke uitgehol en die Grondwet word gedurig omseil.
“Ons ekonomie stagneer en daar is 'n risiko dat dit agteruit sal gaan wat verwoestende maatskaplike gevolge sal hê.”
Die BLSA sê hoewel Eskom tans die hoofprioriteit moet wees, moet daar ook dringend na die bestuur en finansiële uitdagings by die Suid-Afrikaanse Lugdiens, Denel en die SAUK gekyk word.
Ons kan nie aanhou om die openbare beskermer se verslag te ignoreer nie. Ons doen 'n beroep op die nasionale uitvoerende komitee van die ANC om gepaste druk op die president toe te pas om die bevindinge van die verslag te ondersoek.” – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie