SA se afgradering gaan hele streek raak
SA se afgradering gaan hele streek raak

SA se afgradering gaan hele streek raak

'n Swakker rand is wel voordelig vir Suid-Afrikaanse uitvoer maar dit sal nie uitkoms vir die streek bied nie, sê Agri SA.
Vida Booysen - Die afgradering van Suid-Afrika se staatskuld sal ook 'n impak op die streek hê omdat dié land 'n belangrike handelsvennoot vir omliggende lande is.

Suid-Afrika was in die verlede ook die poort tot beleggings en logistieke steun in Afrika, sê Johannes Möller, president van Agri SA.

“Die volle impak van Suid-Afrika se kredietafgraderings is steeds onseker maar dit sou kortsigtig wees om nie te verwag dat dit 'n impak op ons streek sal hê nie.”

Hy voorspel die uitwerking sal veral in die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (SADC) gevoel word.

“Die afgradering van Suid-Afrika se staatskuld asook die afgradering van die groot plaaslike banke is beslis nie bevorderlik vir die verkryging van internasionale finansiering vir verdere lenings aan Afrika nie,” sê Möller. Daar kan ook nie verwag word dat plaaslike banke hul voetspoor verder in Afrika uitbrei nie.

“Plaaslike rentekoerse sal waarskynlik ook styg, wat die situasie net sal vererger.”

Möller sê as die ekonomie in 'n resessie inbeweeg, wat baie waarskynlik is, sal dit tot 'n laer vraag na ingevoerde produkte lei – en dit geld ook die buurlande.

“Die invoer van lewende hawe uit buur­lande kan hierdeur geraak word, want dit is algemene kennis dat vleisverbruik in Suid-Afrika direk met ekonomiese prestasie verband hou.”

Sommige buurlande is baie afhanklik van Suid-Afrika vir die soort uitvoer en as die land in 'n resessie terugval, sal daar 'n merkbare impak op ons buurlande wees, meen Möller.



Sacu

Die belastingpoel van die Suider-Afrikaanse Doeane-unie (Sacu), met lande soos ­Botswana, Lesotho, Mosambiek, Namibië en Swaziland (BLNS-lande) wat deel van dié handelsblok vorm, sal ook negatief geraak word.

“Aksynsbelasting vorm 'n belangrike bron van inkomste vir die BLNS-lande.”

'n Swakker rand is wel voordelig vir Suid-Afrikaanse uitvoer maar dit sal nie uitkoms vir die streek bied nie.

Möller wys ook daarop dat infrastruktuur in Suid-Afrika meestal in 'n gehawende toestand is – tog is dit broodnodig vir behoorlike verbindings tussen streke.

“Ons fiskale ruimte om iets hieraan te doen raak egter weens die afgraderings al hoe kleiner – nie net weens die algehele impak daarvan op die ekonomie nie maar ook weens hoër rentekoerse wat die fondse vir kapitale besteding insluk.”

Dit is duidelik dat die volle impak van die afgraderings buite Suid-Afrika se eie landsgrense gevoel sal word. Daarom verdien dit die “gefokusde aandag” van die SADC-lande, sê Möller.

“Dit sal in hul eie belang wees om gesamentlike oplossings te bedink om die situasie te hanteer.”

Hy het namens Agri SA 'n beroep op pres. Zuma gedoen om die voortou te neem om “die waardigheid van ons land te herstel, ook in belang van die streek”.– Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!