SA se stimulusplan skep hoop
Ekonomiese huis moet in orde kom
Dr. Kobus Laubscher - Inflasie, maar veral inflasieverwagtinge, het ’n houvas op die ekonomie wat nie maklik gebreek word nie. Verbruiksbesteding dra betekenisvol by tot die ekonomie van ’n land – tot soveel as 60%.
Indien die vraag en gevolglike besteding op verbruikersvlak nie beweeg nie, krimp die ekonomie. Verbruikers moet geld hê om te bestee.
Indien die vraag vinniger styg as wat die aanbod kan reageer, styg pryse en is daar inflasiedruk.
Verbruikers sal vervolgens aankope oorweeg, dikwels onnodig, om toekomstige prysstygings vry te spring. So ontstaan daar vraagdruk, maar verbruikers se pryselastisiteit van die vraag verskil, dit beteken hulle reageer verskillend op prysveranderings.
Die afgelope week was daar dus goeie nuus vir die Suid-Afrikaanse verbruiker met die onverwagse daling in inflasie en die Reserwebank se aankondiging dat rentekoerse eers onveranderd gelaat word.
Die rand het gebokspring en met internasionale oliepryse wat opwaarts neig, staar die verbruiker egter stywe verhogings van brandstofpryse in die gesig. Verdere druk op sy/haar beursie is dus onafwendbaar en ekonome is bekommerd dat die ekonomie verder kan inkrimp.
’n Skamele 0,7% groei word vervolgens in die vooruitsig gestel, wat in skrille kontras is met wat vir ander ontluikende markte voorspel word.
Teen hierdie agtergrond kon die ekonomiese stimulus pakket wat ook verlede week aangekondig is, se tydsberekening nouliks meer gepas wees.
Hierdie pakket het wye reaksie ontlok en hoewel daar diegene is wat meen dat dit geen nuwe skop vir ’n pap ekonomie is nie, is daar egter ’n nuwe boodskap die wêreld ingestuur.
STMULERING VAN EKONOMIE
Dié stimulus pakket gaan oor herbelyning, want die fiskus het geen nuwe geld beskikbaar nie. Onder die nuwe politieke leierskap is daar ’n ander gees besig om pos te vat.
Uiteraard is daar baie kritiek van té min, té laat. Daar is ook saakmakende erkenning dat die ekonomiese huis eers in orde moet kom. Die aanwending van bestaande hulpbronne moet heroorweeg word en staatsbesteding moet gerig word op die impak wat bedoel was toe aanvanklik besluit is om die geld te bestee.
Tot nou toe is die uitkomste van begrotingsbesteding oorbeklemtoon en die impak wat daardie geld moes hê, gerieflikheidshalwe sienderoë onder die mat gevee.
’n Begroting wys geld toe om ’n plan of strategie te befonds, maar die eintlike toets lê by die doeltreffendheid van die implementering. Strategiese voornemens dra net gewig as die impak wat die bedoeling in die vooruitsig gestel het, bereik word.
Daar is nou al hoe meer bewyse dat die teendeel eerder waar was en is. Terselfdertyd het korrupsie ook gate in die spreekwoordelike fiskale dam gemaak, wat gelei het tot onbeheerde uitvloei waarvan herwinning nooit alle verliese sal kan verhaal nie.
Wat veral verwelkom word met die nuutste stimulus pakket, is die klem op vennootskappe tussen die staat en die private sektor.
Laasgenoemde kon die regering al hoe meer oortuig dat beleidsekerheid onlosmaaklik deel moet wees van ‘n omkeerstrategie.
Die enorme hoeveelhede vrye kontant van genoteerde maatskappye op die effektebeurse is bewys van fikse groeiatlete in afwagting. Die landbou is veral uitgelig as ’n ekonomiese groeikatalisator en stappe is gedoen om die klippe in dié sektor se skoen wat boere en agri-besighede taai maak om in te koop, te verwyder.
Die voldoende aanbod van voedsel plaaslik met uitvoerbare surplusse in vooruitsig, is duidelik in die verstadigdegende rol wat kosinflasie in die algemeen speel om die verbruiker te help om meer geld vir besteding te hê. Die landbou het seker die beste begrip van waarmee die regering moet stoei, naamlik om die beste te doen met wat jy het en waar jy is.
Die stimulus pakket gaan die ekonomie eenvoudig daarby h

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie