• Tuisblad
  • Sake
  • SA vat vervaardiger van lugsakke, stuurwiele vas
SA vat vervaardiger van lugsakke, stuurwiele vas
SA vat vervaardiger van lugsakke, stuurwiele vas

SA vat vervaardiger van lugsakke, stuurwiele vas

Een van die wêreld se grootste vervaardigers van ­lugsakke, sitplekgordels en stuurwiele het ingestem om 'n boete van byna R150 miljoen te betaal vir 'n oortreding van die Wet op ­Mededinging.

Autoliv het met die Mededingingskommissie geskik oor sy betrokkenheid by verbode prak­tyke in die tender vir kontrakte van motorvervaardigers soos BWM en Volkswagen.

Autoliv het hom saam met sy mede­dingers TRW, Takata Group, Toyoda Gosei en Tokai Rika skuldig gemaak aan verbode praktyke soos prysvasstelling, die verdeling van die mark en ­samespanning met tenders.

Dit is almal buitelandse maat­skappye. Autoliv se hoofkantoor is in Stockholm, Swede.

Die skikking is aangegaan nadat die kommissie tenders vir motor­vervaardigers soos BMW en die Volkswagen-groep ondersoek het. Die ondersoek na die ander maatskappye duur voort. - Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!