Saara skuif haar permanente sekretarisse, stel nuwes aan
Saara skuif haar permanente sekretarisse, stel nuwes aan

Saara skuif haar permanente sekretarisse, stel nuwes aan

Ronelle Rademeyer
Die eerste minister, me. Saara Kuugongelwa-Amadhila (foto), het pas (Dinsdagmiddag) bekend gemaak die volgende mense word as permanente sekretarisse aangestel, of in ander ministeries herontplooi:
Mnr. I-Ben Nashandi skuif van armoedeverligting en maatskaplike welsyn na die kantoor van die eerste minister. Hy word vervang met me. Esther Lusepani, voorheen adjunk permanente sekretaris van grondhervorming.
Me. Annely Haiphene vervang mnr. Leevi Hungamo, wat bedank het, by die ministerie van ekonomiese beplanning en die nasionale beplanningskommissie.
Die adjunk permanente sekretarisse, mnr. Abraham Iilonga en me. Annascy Mwanyangapo, word bevorder tot permanente sekretarisse van onderskeidelik veteranesake en staatsondernemings (SOE’s). Illonga was vroeër by verdediging en Mwanyangapo was by nuwerheidsontwikkeling, handel en kleinsakeontwikkeling.
Al die aanstellings sal op 1 Augustus vir ‘n tydperk van vyf jaar van krag word.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!