SADC se lesse
Namibië is een van min lande in die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (SADC) wat hom in betreklik kalm vaarwaters bevind.
Zimbabwe is ekonomies op sy knieë en dié regering se onvermoë om regstellende stappe te doen, laat die pot oorkook en dryf woendende burgers in oproerigheid strate toe.
Ná die verkiesing in die Demokratiese Republiek die Kongo (DRK) wag ’n bykans onbegonne taak op Felix Tshisekedi as nuwe staatshoof om dié uitgemergelde land weer op te bou.
Suid-Afrika moet ná die staatskapings deur die Guptas en hul handpop, pres. Jacob Zuma, sy beeld onder internasionale beleggers herstel en binnelandse vertroue herwin.
Angola beleef eweneens ’n ernstige ekonomiese krisis wat deur die skerp daling in die olieprys in 2014 teweeggebring is. Dit het ’n reuse-impak op alle aspekte van die land se politieke en sosiale stabiliteit.
Daar is vraagtekens oor pres. João Lourenço se vermoë om die outokratiese bestel te hervorm vanweë sy lojaliteit aan die steeds magtige Dos Santos-familie wat by feitlik al die sektore in die land betrokke is.
Namibië het baie lesse hieruit te leer.
Maar Namibië kan ook ’n voorbeeld stel deur die vereistes vir ’n suksesvolle staat te lééf: eerlike en deursigtige bestuur, goeie demokratiese toesig, die oppergesag van die reg en ’n vry media wat die regering op sy tone hou.
Laastens – en ook die belangrikste - is sterk leierskap deur pres. Hage Geingob as voorsitter van SADC.
Netwerk24, 15 Januarie 2019
Dalk te veel van die DRK se nuwe president verwag
Die rusie oor die uitslag van die presidentsverkiesing in die Demokratiese Republiek van die Kongo (DRK) wys weer eens dat groot dele van Afrika maar nie daarin slaag om aan die vereistes vir ’n suksesvolle staat te voldoen nie.
Eintlik is dit ’n wonder dat die verkiesing hoegenaamd plaasgevind het. Dis herhaaldelik – onwettig – uitgestel deurdat Kabila eenvoudig geweier het om, soos die land se grondwet vereis, afstand van die mag te doen.
Die DRK is byna ’n prototipe van die soort staat waarheen ook Suid-Afrika onder Jacob Zuma en die Gupta-familie langsamerhand onderweg was: ’n staat gelei deur ’n groep skurke wat die staat nie as instrument vir die ontwikkeling van die land se mense beskou nie, maar as ’n melkkoei om vir eie gewin droog te melk.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie