Sakemanne haal uit vir krieketspan
Sakemanne haal uit vir krieketspan

Sakemanne haal uit vir krieketspan

Krieket
Tielman van Lill
Andrew Poolman

Die Namibiese Eagles se spelersfonds het 'n stewige hupstoot van meer as N$200 000 gekry te danke aan 'n inisiatief van borge en private donateurs wat met 'n veiling van waardevolle krieketaandenkings gepaard gegaan het.

Momentum Namibia was die hoofborg van die geselligheid wat deur afrigter Pierre de Bruyn en sy spelersgroep van die afgelope T20 Wêreldbeker bygewoon is.

Kaptein Gerhard Erasmus se kolfhandskoen waarmee hy die ganse toernooi ondanks 'n gebreekte ringvinger voortgespeel het (en waarop die span se handtekeninge aangebring is), is vir N$12 000 opgeveil.

Erasmus se getekende speelhemp het N$15 000 gehaal en onderkaptein JJ Smit se getekende kolf van die toernooi is vir N$6 500 van die hand gesit.

Die veelsydige kolfheld David Wiese se Eagles-hemp van die Wêreldbeker, geteken deur die spanlede, het N$11 000 ingesamel en die wit krieketbal waarmee Ruben Trumpelmann drie Skotse kolwers in die eerste boulbeurt uitgehaal het, is vir N$3 500 opgeraap. Tussendeur is lodgenaweke, wildbesigtigings en jagnaweke ook vir stewige bedrae opgeveil.

Vir die gehoor wat onder die groot tent by WHS Vegkopstadion byeen was, het die komediant en sanger Pietman Geldenhuys van Oppiestoep-faam as seremoniemeester vir die vermaak gesorg en ook op die verhoog onderhoude met De Bruyn, sy hulpafrigter Albie Morkel (via Zoom), Wiese (via Zoom), Erasmus en ander Eagles-spelers gevoer.

Benewens Momentum as hoofborg is betekenisvolle bydraes ook deur APS Namibia, ABinBev, Namib Mills, Wika Diensstasie, Pupkewitz Megabuild, Torga Optical, Paratus, Namtrans, Marine Security, Officeconomix, Mikeljess, Gondwana, Bergsig Game Lodge, Otjiwa Game Lodge, Distell, Baumann Electrical, Namib Wood, Beyerskloof en Rust & Vrede gemaak. – [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!