San beskerm waterpunte teen ollies
San beskerm waterpunte teen ollies

San beskerm waterpunte teen ollies

Die San-gemeenskap van die Nyae Nyae-bewaringsgebied, met sowat 1 500 olifante, het fondse van die Green Climate Fund (GCF) en Environmental Investment Fund (EIF) aangewend om mens-olifant-konflik te pak.

“Daar is relatief min mens-olifant-konflik, maar met ’n geskatte 1 000 tot 1 500 olifante in die omgewing het die gemeenskap besluit om hul waterpunte teen olifante te beskerm,” lui ’n verklaring van die Nyae Nyae Development Foundation of Namibia.

“Daar is min konflik met innoverende maatreëls tussen die bewaringsgebied en trofeejagters, wat verseker daar is meer as 18 funksionerende waterpunte in die gebied.”

Die droogte het ’n reuse-impak op Namibië.

“Die soektog na water beteken olifante beweeg nader aan die bewaringsgebied, wat deur mense bewoon word. ’n Groter moontlikheid bestaan dus dat die nedersetting se waterpunte beskadig kan word,” lui die verklaring.

“Met die beskerming van waterpunte kan die gemeenskap mens-olifant-konflik vermy en ook verseker hul tuine en ander projekte wat van water afhanklik is, word nie deur olifante beskadig nie.”

Volgens die stigting is verskeie pogings al aangewend om die gemeenskap se water te beskerm, maar met die grootste olifante in die land is al wat werk ’n twee meter hoë beskermingsmuur uit klippe in die omgewing.

“Hierdie beskermingsmure hou die olifante uit en die waterpunte en -voorsiening veilig. Dit verseker ook beleggings in veebestuur en landbou, wat waterafhanklike projekte is. Dit skep vir die San-gemeenskap ’n nuwe vlak van selfonderhoudend wees en volhoubaarheid.”

Dié projek van die GCF en EIF ondersteun die bou van beskermingsmure in drie nedersettings en die instandhouding en diens van die gebied se boorgate oor ’n tydperk van 12 maande.

“Dit sal verseker die waterpunte is teen olifante beskerm. Die GCF- en EIF-fondse is soveel meer as net ’n belegging, dit verteenwoordig ook die ontwikkeling en bemagtiging van die gemeenskap,” lui die verklaring.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!