SARS, corona en kwarantyn
Op Maandag 17 Maart 2003 skryf ek ná my besoek aan Hongkong ’n e-pos uit Taiwan om my bekommerde geliefdes te laat weet dat ek nie die SARS-virus onder lede het nie.
Op 12 Februarie 2003 het ek in Taipei geland om Engels in Taiwan te gee. Dit was winter, yskoud en sopnat.
Ek is deur my agent Maggy by ’n kindergarten en bushiban in ’n klein dorpie in die berge, Nantou, geplaas.
Ek bly in my kindergartenhoof se suster se kamer op die vierde vloer in hul huis. Al haar teddiebere en hordes kussings lê op die bed en haar klere hang aan ’n reling. Ek moet uit my tas uit leef.
Ek ly nog aan vlugvoosheid, maar word die eerste dag ’n handboek in die hand gestop, in ’n klaskamer met 40 kinders ingeboender en beveel om hulle Engels te leer.
Ek kom van Okahandja af en ek moet self nog Engels leer. Die kinders verstaan nie ’n woord wat ek sê nie en ek verstaan nie ’n woord wat hulle sê nie.
Musiek het geen grense nie. Musiek is ons wondermiddel wat maak dat ons mekaar verstaan. Sodra ek die CD-speler aansit, begin ons sing en dans.
Ek is vir die eerste keer in my lewe ongeletterd. Ek verstaan niks. Ek kan niks in hul Mandarynse tekens lees nie – nie ’n straatnaam of ’n spyskaart nie. Ek kan nie kos bestel nie.
Ek sukkel om te eet, veral toe my kindergartenbaas die seekat, Tobie, wat hy ’n paar dae gelede in die vistenk gesit het, vir my as sop aanbied.
Ek het ’n fiets, Geelvink, waarmee ek tussen skole jaag en die berge verken. Ek verloor ses kilogram in twee weke.
Saans gee ek klas tot 21:30 en dan sit ek verlangend op my balkon. Van my balkon af kyk ek drie meter verder in ’n ander gebou vas. Ek luister na Johannes Kerkorrel en huil oor my broer wat toe vyf maande gelede uit ons lewens geruk is.
Ek verlang na Namibië se vlaktes en ek mis Afrikaans. Daar is een Amerikaner, Caleb, met wie ek Engels kan praat. Daar is niemand wat Afrikaans kan praat nie.
Ek gaan elke liewe dag internetkafee toe om te kyk of daar vir my e-pos is.
Toe moet ek ’n visa run Hongkong toe doen. Baie opwindend en lekker en daar is selfs ’n Van der Merwe-shop wat my bietjie tuis laat voel.
Die laaste aand in Hongkong in ’n klein gastehuiskamer op die 14de vloer kry ek koors en word baie siek.
Ek klim siek op ’n vliegtuig terug Taiwan toe. Die SARS-virus het toe pas in Hongkong uitgebreek en almal wie se koors hoog is, moet onder kwarantyn geplaas word.
Toe ek in Taipei land, staan daar ’n doeanebeampte met ’n skandeerder wat op my voorkop gemik word. My senuwees!
Ek slaak ’n sug van verligting toe die instrument nie aan die gil gaan toe ek deurstap nie.
Ek moet ’n masker dra as ek klas gee. Weens die humiede weer wasem my asem my bril toe. Die kinders kry nie die Engelse woorde reg uitgespreek nie, want hulle kan my nie ordentlik hoor nie en ook nie my mond sien nie.
Ek het SARS oorleef. Ek het ses jaar in Taiwan oorleef en baie moeilik weggegaan.
Nou het my vriendin op 51 besluit om in China te gaan Engels gee.
Sy het skaars haar voete in ’n yskoue, sneeubedekte stad in die Jinan-provinsie neergesit, toe tref die coronavirus Wuhan. Kort daarna word haar stad ook onder kwarantyn geplaas.
Sy stuur foto’s van haar in ’n mus en masker. Meisje, dra maar jou masker.
SARS, corona, voëlgriep en ander vreemde virusse is geen grap nie.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie