Schlettwein stop Angola-transaksie
Die minister het gesê die tesourie het geen goedkeuring vir die ooreenkoms van N$117 miljoen gegee nie.
Die minister van finansies, mnr. Calle Schlettwein, het ’n stokkie voor ’n eiendomstransaksie van N$117 miljoen gesteek.
Dié transaksie sou tussen die ministerie van nywerheidsontwikkeling, handel en SME-ontwikkeling en Afrikuumba, ’n plaaslike ontwikkelingsmaatskappy, plaasvind.
Dit wentel om ‘n erf van 14 000 m² en klein geboue op 20 000 m² in Luanda, Angola se hoofstad.
Schlettwein het Maandag ’n nuusverklaring uitgereik waarin hy dit duidelik stel dat die tesourie geen goedkeuring vir die transaksie gegee het nie.
“Geen verkrygingsreëls en regulasies onder sentrale verkryging is gevolg nie,” het Schlettwein gesê.
Hy het bygevoeg die ministerie is beveel om die transaksie onmiddellik te staak.
Afrikuumba is mnr. Titus Nakuumba, ’n plaaslike sakeman, se onderneming.
Die maatskappy se ontwikkelingsbeampte, mnr. Uazuva Kaumbi, het aan Namibia Sun, Republikein se susterpublikasie, gesê dié verwikkeling het hom stomgeslaan.
Hy eis dat mnr. Tjekero Tweya, die minister van nywerheidsontwikkeling, handel en SOE-ontwikkeling, verduidelik hoekom nie gehoor gegee is aan die tesourie en die sentrale verkrygingsraad se reëls en regulasies nie.
’n Plaaslike dagblad het vroeër berig die ministerie wil werkswinkels, behuising, kantore en store op dié grond bou.
Volgens dié berig het Nakuumba gesê daar is baie belangstelling in sy eiendom en wou hy dit teen ’n billike prys aan die regering verkoop.
Tans wag hy op amptelike terugvoering oor die transaksie se kansellering en wat die pad vorentoe behels.
Volgens hom het ’n afvaardiging van Tweya se ministerie, saam met verteenwoordiging van die prokureur-generaal se kantoor in Luanda, die perseel besoek om dit goed te keur en is hy in die duister oor waarom dit gekanselleer is.
Die koopkontrak sou die regering binne 14 dae van die ondertekening daarvan 10% van US$1 miljoen uit die sak jaag, waarna nog US$1,5 miljoen oorbetaal sou word alvorens die eiendom aan die ministerie oorgedra sou word.
Daarna sou nog US$7,5 miljoen, plus 6% rente per jaar, oor ’n tydperk van vier jaar oorbetaal moes word.
Volgens die vroeëre berig sluit die totale bedrag van N$117 miljoen ook N$52 miljoen se versekering in.
Nakuumba het volgens die berig gesê dié versekering is teen brandskade.
Voorts is berig die transaksie sou deur middel van die Namibiese Ontwikkelingskorporasie (NDC) aangegaan word, wat vir ’n geruime tyd reeds in die proses is om gesluit te word.
Die regering is reeds in besit van grond in Luanda wat glo leeg staan.
Dié grond, in Luanda Sul, is in 2003 teen sowat N$1,14 miljoen aangekoop.
Schlettwein het onlangs bevestig daar is grond in Angola wat aan Namibië behoort en ook deur middel van die NDC aangeskaf is.
Volgens hom is hierdie grond by gebrek aan geld nooit ontwikkel nie.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie