Seevoëls vir 16 jaar versorg
Nicolene du Plessis
Vir die afgelope 16 jaar word oliebesmeerde, beseerde en ondervoede pikkewyne, sowel as ander spesies seevoëls by ’n rehabilitasiesentrum op Lüderitz deur me. Jessica Kemper versorg.
Die meerderheid van die voëls kom van drie broei-eilande vir seevoëls, genaamd Mercury, Ichaboe en Possesion. Dié eilande lê teenoor die suidkus van Namibië en word gereeld deur personeel van die ministerie van visserye en mariene hulpbronne gemonitor.
Seevoëls van Swakopmund en Walvisbaai word by die Swakopmund Seevoëlrehabilitasiesentrum versorg. Die aantal seevoëls waarna hulle omsien, is nooit konstant nie.
In April 2009 is 171 oliebesmeerde pikkewyne van al vier eilande gered. Met behulp van die Suider-Afrikaanse Stigting vir die Bewaring van Kusseevoëls (SANCCOB), kon 129 van die sterkste pikkewyne na die SANCCOB-sentrums vir verdere rehabilitasie geneem word.
Verskeie organisasies en individue, veral die Namibiese Voëlklub, was betrokke met die betaling van die koste om Lüderitz se pikkewyne te verwyder en hulle te rehabiliteer.
Volgens Kemper is vis die grootste uitgawe in die rehabilitasie van seevoëls.
“Een pikkewyn vreet gewoonlik tussen vier en agt sardyne per dag, afhangende van die toestand van die voël en die grootte van die sardyne.”
Lüderitz se rehabilitasiesentrum het ’n begroting aan die ministerie voorgelê en het geld vir hul rehabilitasiewerk ontvang. Dit is nie genoeg nie, gevolglik word geldinsamelingsaksies van tyd tot tyd van stapel gestuur. Hier word tans vir 16 pikkewyne gesorg.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie