Senior bevelvoerder sterf
Die hoof van die Namibiese polisie se spesiale direktoraat het die afgelope naweek ná 'n kort siekbed in Windhoek gesterf. Die 50-jarige komm. Menias Lubita is vroeg Saterdagoggend in die Rhinopark- private hospitaal in die hoofstad oorlede.
Volgens die polisie se woordvoerder, adj.komm. Edwin Kanguatjivi, het Lubita in 1968 Namibië saam met sy ouers verlaat.
"Hy het as 'n kind van Swapo grootgeword en sy skoolloopbaan in Zambië begin waar hy van 1974 tot 1976 onderrig by die Ou Plaasskool ontvang het en van 1976 tot 1978 by die Nyanga Swapo-onderwyssentrum," het Kanguatjivi gesê.
In die middel van 1978 is hy Kuba toe gestuur waar hy sy onderrig tot 1986 voortgesit het.
Hier het hy gebly tot hy in 1989 na Namibië teruggekeer het. Tussen 1994 en April 2000 was Lubita ’n onderwyser in diens van die ministerie van basiese onderwys, sport en kultuur.
In Mei 2000 het Lubita by die Namibiese polisie aangesluit, waar sy deursettingsvermoë en ywer in die uitvoering van sy pligte hom vinnig bevorder het tot kommissaris en hoof van die spesiale tak in 2008.
"Hy was 'n beginselvaste man en offisier wat sterk gestaan het in die handhawing van wet en orde en veiligheid en sekuriteit."
Lubita word oorleef deur sy ma, vyf kinders, vyf kleinkinders en 'n broer. Begrafnisreëlings sal later bekend gemaak word.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie