Senuagtigheid oor rentekoerse
Senuagtigheid oor rentekoerse

Senuagtigheid oor rentekoerse

Politieke onsekerheid in Suid-Afrika het druk op die rand-dollar wisselkoers geplaas.
Estelle de Bruyn
Die rand-dollar-wisselkoers het vroeg Donderdagoggend steeds senuagtig verhandel te midde van die politieke onsekerheid oor pres. Jacob Zuma se verwagte optrede teen Pravin Gordhan, minister van finansies, en ’n moontlike kabinetskommeling.

Die Suid-Afrikaanse geldeenheid het van Woensdagaand se R13,04 teenoor die dollar in die vroeë oggendure tot R13,10 verswak, maar in aanloop tot die opening van die markte Donderdagoggend weer tot R13,01 versterk.

Dit kom nadat die rand die afgelope twee weke verbasende sterkte getoon het deur tot so sterk as R12,43 teenoor die dollar te verstewig.

Die JSE het hom nie Woensdag te veel gesteur aan die politieke woelinge nie, en die indeks van alle aandele het 0,26% sterker op 52 444 indekspunte gesluit.

Faktore wat die mark Donderdag kan raak is die Suid-Afrikaanse Reserwebank se besluit oor rentekoerse. Statistieke Suid-Afrika maak ook Donderdag die produsenteprysinflasie van Februarie bekend.

Beleggers sal Donderdag dophou hoe Anglo American vaar nadat Masimong Minerals as gunsteling te voorskyn getree het om ’n bod vir van die mynreus se Suid-Afrikaanse steenkoolmyne te wen.

Masimong Minerals word gelei deur Mike Teke, president van die Suid-Afrikaanse Kamer van Mynwese, en volgens Bloomberg-bronne lyk dit of Teke se span ’n aks of wat voor die ander bieër op die kortlys - die Phembani-groep - is om myne te koop wat hoofsaaklik steenkool aan Eskom lewer.

In Asië het aandeelpryse Donderdag gedaal in aanloop tot die einde van die eerste kwartaal.

Die Sjanghai- saamgestelde indeks was op koers vir sy grootste daling sedert Desember, terwyl aandele in Japan, Suid-Korea en Singapoer ook gedaal het.

Australiese aandele was hoër danksy ’n styging in energiemaatskappye se aandeelpryse.

Brent-ruolie mik weer na US$50 per vat nadat olievoorraad met minder as verwag gegroei het.

Beleggers herkou ook aan die impak van die formele aanvang van Brittanje se vertrek uit die Europese Unie, en takseer nog die seine van die Amerikaanse sentrale bank oor die omvang van verwagte rentekoersverhogings vanjaar. Die hoof van die Federale Bank van Boston sê die Fed sal hom moet voorberei om rentekoerse vanjaar met tot vier keer te verhoog om te keer dat die Amerikaanse ekonomie oorverhit.

Ekonomiese syfers wat die Suid-Afrikaanse Reserwebank Donderdag uitgereik het, wys dat die groei in die vraag na krediet in die privatesektor in Februarie tot 5,26% verlangsaam het, teenoor Januarie se 5,52%. Die M3-geldvoorraad se groei het tot 6,63% verlangsaam teenoor Januarie se 7,91%. Netwerk24 met Bloomberg en Reuters bygewerk

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!