Ses van een …
Namibiërs verskil dalk van mekaar oor die verskerpte bekampingsreëls teen Covid-19 wat vanaf vandag in die land geld, maar minstens het die staatshoof self vir ‘n slag ‘n sprak gesprook.
Die onsekerheid oor die dag en datum het Staatshuis ook geen guns gun gedoen nie.
Tog was pres. Hage Geingob se boodskap duidelik, goed gemotiveerd en op die man af. Dit is die Geingob wat Namibiërs meer dikwels wil sien.
Oor die tydigheid van ingrypings is daar vrae. Die derde golf van die pandemie bou al verskeie weke stoom op. Of selektiewe stappe in verskillende dele van die land genoeg van ‘n verskil gaan maak, sal ons moet sien. Minstens behoort dit druk op gesondheidsgeriewe in Windhoek en sy onmiddellike buurdorpe te verlig.
Rooi ligte flikker nietemin ook elders al duideliker op. ‘n Verskillende benadering tot onderwys in die kordongebied en elders kan gegewe hierdie feit ontspoor.
Die duidelikste boodskap is dat saamstaan en saamwerk nodig is om hond haar af te maak. Wangedrag is, soos Geingob gesê het roekeloos en selfsugtig.
Natuurlik moet die polisie oortreders vasvat. Maar ons moet mekaar en onsself polisieër.
Ontkenners van die pandemie beïnvloed sommige negatief. Ook is daar ‘n voosheid ná meer as ‘n jaar van isolasie en swaarkry.
Die regering kan egter nie alle blaam op inwoners plaas nie. Dit bly owerhede se skuld dat sekere stelsels inherent so swak bly – en nie genoegsaam versterk is nie – dat dit opnuut in duie gestort het. Die suurstofkrisis en die skande by lykshuise is twee voorbeelde hiervan.
Meer as ‘n jaar gelede is onderneem om genoegsame voorbereidings te tref. Te min van die beloftes het gerealiseer.
So sê ander
14 Junie 2021
Internasionale samewerking kán probleme oplos
Die pas afgelope spitsberaad van die G7 – die wêreld se sewe rykste lande – in Cornwall, Engeland, is natuurlik in talle verskillende opsigte van belang vir die internasionale gemeenskap en internasionale politiek.
Maar vir Suid-Afrika troon één besluit bo al die ander uit. Dit is die voorneme om ’n miljard dosisse Covid-19-entstof gratis aan die wêreld beskikbaar te stel.
Vir Suid-Afrika, waar die poging om die land se burgers in te ent al haperend en stotterend vorder, is dit welkome nuus.
Nou moet ’n mens natuurlik nie naïef oor die G7-besluit wees nie. Die sewe regeringsleiers wat die besluit geneem het, het dit nie gedoen omdat hulle sulke goeie mense is nie, maar hoofsaaklik omdat dit in hul eie belang is.
Die ervaring van die afgelope anderhalf jaar met die virus is dat verskeie variante hul kop uitsteek. Indien net – of hoofsaaklik – die ontwikkelde wêreld ingeënt word, kry dié variante die kans om miljoene mense te besmet of om nóg nuwe variante voort te bring.
Nie net kan dit die dood van tientalle miljoene mense beteken nie, maar die nuwe variante kan weer na die ontwikkelde wêreld uitgevoer word.
Dít is die les van die pandemie: In die 21ste eeu kan jy grense probeer sluit, maar internasionale samewerking oor grense heen is die beste manier om probleme op te los.
• DIE BURGER (NETWERK24)

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie