Ses vermeende IS-lede in Europa aangekeer
Noue samewerking tussen Spaanse, Britse en Duitse veiligheidsmagte het tot die inhegtenisneming van vermeende IS-lede gelei.
Ses vermeende lede van die Islamitiese Staat-groep (IS) is gister in Spanje, Brittanje en Duitsland in hegtenis geneem in 'n operasie wat die Spaanse owerhede gelei het, het die Spaanse ministerie van binnelandse sake gesê.
Klopjagte is gisteroggend uitgevoer waarin 'n groep met hul basis op die eiland Majorka, geteiken is.
Die leier van die IS-groep is 'n Islamitiese imam, wat in Brittanje in hegtenis geneem is.
Die 44-jarige imam was die teiken van 'n Europese lasbrief.
Die Britse West Midlands-teenterroriste-eenheid het hom namens Spaanse owerhede in hegtenis geneem.
“Die ondersoek het gefokus op terroristemateriaal wat geskep is vir aanlyn gebruik, het die Britse polisie gesê. Hy sal later aan Spanje uitgelewer word.
Die ondersoek het in 2015 begin nadat owerhede video's op die internet ontdek het waarin 'n jong Moslem wat in Spanje woon, se radikalisering en sy uiteindelike vertrek na Sirië beskryf word.
Die imam, “wie se openbare uitsprake welbekend aan Europese polisie en intelligensiedienste is, het gefokus op die werwing van vegters en om geld vir Sirië in te samel”, het die Spaanse ministerie van binnelandse sake gesê.
Nog vier mense is in Palma, die hoofstad van Majorka, gevange geneem en nog een in Duitsland. Gister is verdere soektogte in Duitsland en Brittanje gedoen. - Nampa/AFP

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie