Sestienjarige u2019n kwartmiljoenu00ear!
Sestienjarige u2019n kwartmiljoenu00ear!

Sestienjarige ’n kwartmiljoenêr!

Augetto Graig
Augetto Graig - Me. Izandia Ndjamba (16), ’n graad 8-leerling aan die Sekondêre Skool Mokganedi Thlabanelo in Gobabis, is die jongste wenner ooit van MTC, die selfoondiensverskaffer, se kontantkompetisie.

Sy is gister as een van vier wenners, wat nou ’n kwartmiljoen Namibiese dollar ryker is, aangewys.

Ndjamba beplan om die helfte van haar wengeld vir verdere studies in die toekoms te belê en die res te gebruik om ’n besigheid te begin, het sy gesê.

Sy was teenwoordig by die aankondiging van die wenners by MTC se hoofkantoor in Windhoek.

Die geld sal ’n groot verskil in haar en haar gesin se lewens maak, het sy gesê. Afgesien van haar ma en pa het Ndjamba ook drie boeties en drie sussies.

Voor sy ’n onderneming begin, sal sy raad inwin, maar wat studies betref wéét die 16-jarige dat sy oftalmologie wil studeer.

’n Oftalmoloog spesialiseer in mediese en chirurgiese oogprobleme.

Die drie ander wenners was mnr. Erastus Shilongo en mee. Ndeshi Dumeni en Cecilia van Niekerk van Grootfontein. Hulle het ook elk N$250 000 huis toe geneem.

Shilongo veral het MTC se woordvoerder, mnr. John Ekongo, beïndruk omdat hy al sedert 2003 ’n kliënt van die maatskappy is.

MTC se promosiebestuurder, mnr. Joseph Mundjindi, het gesê: “Dis nie elke dag dat ons sulke groot geld weggee nie."

Volgens hom beskou die maatskappy dit as deel van hul beloningsprogram.

Een kliënt het tot 2 200 keer aan die SMS-kompetisie deelgeneem, maar was ongelukkig nie ’n wenner nie.

Mnr. Tim Ekandjo, hoof van MTC se menslike hulpbronne en bemarking, het gesê dat daar sedert die begin van die kompetisie 88 wenners landswyd was, insluitende agt weeklikse wenners van N$5 000 elk en vier N$50 000-wenners. Altesaam het MTC N$1,6 miljoen weggegee met dié kompetisie. Sowat 1,9 miljoen SMS-inskrywings is ontvang.

Mnr. Alvin Kortkie, die hoof- kommersiële beampte by MTC, het gesê saam met die tweede kontantkompetisie het MTC tot dusver N$3,6 miljoen weggegee.

"Danksy die wonderlike reaksie het ons besluit ons moet dit meer doen," het hy gesê.

Volgens hom sal daar volgende maand met die beplanning van die volgende kompetisie begin word.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!