Sewe hoofafrigters gee leiding by QSB-kamp

Elke aspek van sukses in baan- en velditems word in die komende dae gedeel.
Andrew Poolman
Andrew Poolman - Die beproefde resep om elke nuwe atletiekjaar in Namibië af te skop, word vanaf vandag weer in die Onafhanklikheidstadion gevolg.

Die Marathon Sugar QSB oefenkamp en afrigtingskliniek is in sy 27ste bestaansjaar en is oop vir belangstellende kinders, atlete en afrigters om hul gereedheid vir die komende seisoen op te skerp.

Die oefenkamp strek oor vier dae, tot Vrydag.

Registrasie word vandag vanaf 12:00 gedoen, voordat die openingseremonie om 14:00 'n aanvang neem. Môre is die sessies vanaf 08:00 tot 12:30 (vir alle atlete) en 15:00 tot 18:00 (hoërskoolkinders en senior atlete).

Die jongste groepie (ses tot tien jaar) sal blootgestel word aan die basiese beginsels van al die dissiplines in atletiek blootgestel, hoewel die atlete van hoër­skoolouderdom by die naellope, spronge of worpe kan inskakel.

Die QSB-kamp bied opnuut die insette van bekwame instrukteurs wat met die afrigting van die onderskeie dissiplines die leiding neem, insluitend 'n paar genooide afrigters uit Suid-Afrika.

Jonathan Greyvenstein by die hoogspring het reeds 'n bewese rekord oor dekades met sy afrigting van kampioenspringers soos Jacques Freitag (driemalige wêreldkampioen) en Charmaine Gayle (SA kampioen en Afrika-rekordhouer).

Greyvenstein is reeds 'n bekende gesig by die QSB-kamp, net soos sy landgenoot Charley Strohmenger wat beheer oor die naellope sal uitoefen.

Gerekende Namibiese instrukteurs sluit in die nasionale rekordhouer Roger Haitengi in die driesprong en verspring; Henk Botha in die gewigstoot en diskusgooi; Nico Cronjé in die spiesgooi en Christo Swarts in die middel- en langafstande.

Insette van biokinetici, fisioterapeute en motiveringsprekers vorm ook deel van die kliniek.

“Sonder die steun van ons borge is die kamp nie moontlik nie. Atletiek behoort vir elke kind in Namibië toeganklik te wees , om atlete vir die toekoms te kweek,” het die organiseerder me. Leoni van Rensburg by die onlangse bekendstelling gesê.

“Dit is 'n voorreg om die oefenkamp aan te bied en ons nooi ouers van oral in die land om hul kinders te bring om hul drome moontlik te maak.”

Deelname aan die vierdaagse kliniek beloop N$450 vir laerskoolkinders (vanaf ses jaar) en N$500 per hoër­skoolkind of senior atleet.

Die ondersteunende borge sluit in Avis Car Hire, coa-Cola, Food Lovers Market, Caterserve, Gondwana, OTB Sport, Safari Hotel, Waltons Stationary, Hyundai, Crystal Gold, Africa Personnel Services (APS) en Woodlands Dairy.

Die eerste QSB oefenkamp en kliniek is in 1993 deur wyle mnr. Quinton-Steele Botes in die lewe geroep en word deur die QSB Windhoek Hochland-atletiekklub gereël.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!