Sewejarige verdrink in Noorde
'n Sewejarige kind het in die noorde van die land verdrink toe sy water gaan haal het. Melanie Paulus het na bewering saam met ander kinders na die waterput gegaan om water te skep. Sy het glo haar emmer in die put gegooi en het ingeval toe sy dit wou uithaal. Die voorval het Saterdag omstreeks 11:30 in die Onankula-nedersetting naby Ondangwa plaasgevind, luidens die Namibiese polisie se misdaadverslag.
VERKRAGTING
'n Onbekende man het Vrydag na bewering 'n 16-jarige meisie in Otjomuise in Windhoek verkrag. Niemand is tot dusver in hegtenis geneem nie en die polisieondersoek duur voort.
Die buurman van 'n vyftienjarige meisie het haar glo Vrydag omstreeks 13:00 in die Onethindi-nedersetting in die Oniipa-omgewing verkrag. Die man is in hegtenis geneem.
DIEFSTAL, ROOF
Vier onbekende mans het Saterdag omstreeks 10:00 na bewering twee veiligheidswagte by die Okahandja-inkoopsentrum beroof. Die gesteelde items sluit N$300 000 se kontant, 'n rewolwer ter waarde van N$1 200 en 'n selfoon ter waarde van N$1 600 in. Die geld is glo deur die wagte van verskeie winkels ingevorder en hulle was besig om die kontanthouers by die bank af te lewer toe hulle deur die verdagtes beroof is. Die verdagtes het in 'n wit Volkswagen Polo-sedan sonder registrasiemerke op die vlug geslaan. Niemand is nog in hegtenis geneem nie.
• Onbekende mans het Vrydag om 13:00 'n handsak met items ter waarde van N$10 355 uit 'n voertuig gesteel. Na bewering het een van die verdagtes 'n 33-jarige Zimbabwiese vrou genader en voorgegee dat hy parfuum verkoop terwyl sy in die voertuig gesit het. Die ander verdagte het die handsak van die passasiersitplek gegryp en op die vlug geslaan. Die gesteelde items sluit kontant, 'n selfoon en reisdokumente in. Die polisieondersoek duur voort.
• 'n Man (27) is omstreeks 12:00 in die Groenhoek- informele nedersetting op Aroab met 'n mes gedreig en van N$1 000 beroof. Die twee onbekende verdagtes is nog op vrye voet.
DWELMS
Nadat die polisie 'n huis in die Siudiva-nedersetting in die Kavango-Wesstreek deursoek het, het hulle op 40 pakkies dagga ter waarde van N$6 243 beslag gelê wat in die tuin begrawe was. Die 42-jarige man is in hegtenis geneem.
'n Vrou (28) is in dieselfde nedersetting omstreeks 12:30 in hegtenis geneem nadat sy deursoek is en in die besit van 19 pakkies dagga ter waarde van N$3 009 was.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie