Sewesspan ernstig oor Vic Falls
Sewesspan ernstig oor Vic Falls

Sewesspan ernstig oor Vic Falls

Andrew Poolman
'n Lang busrit van Windhoek na Vic Falls in Zimbabwe het douvoordag gister vir die Namibiese sewesrugbyspan begin. Afrigters Jurie Booysen en Robbie Dickson se manne sal die naweek een van die spanne wees om by die Vic Falls sewestoernooi dop te hou. Die deelnemende Afrika-spanne is (groep A) Namibië, Zimbabwe, Bo­tswana, Zambië-A, (groep B) Zambië, Sierra Leone, Botswana-A en ene Goshawks. Die Namibiërs benader die toernooi ernstig omdat hulle dit as voorbereiding vir volgende maand se Hongkong Sewes gebruik. Booysen se groep het verlede week 'n oefenkamp by die kus gehou waar hulle hard aan elke aspek van hul spel gewerk het. Voor hul vertrek het Lewcor-groep as 'n borg na vore getree om die bus en brandstof vir Namibië se reis beskikbaar te stel. Foto verskaf

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!