Sioka aan vroue: Hou jou pepersproei gereed
Sioka aan vroue: Hou jou pepersproei gereed

Sioka aan vroue: Hou jou pepersproei gereed

Maria Eiseb
Maria Eiseb



Tydens die herdenking van Wêreldvrouedag verlede week in Okuryangava, Katutura, het die minister van geslagsgelykheid en kinderwelsyn, me. Doreen Sioka, gesê vroue moet pepersproei by hulle dra vir selfverdediging.

Sioka sê sy is moeg vir die geweld teen vroue en kinders. Sy het mans gevra waarom dit nodig is om hulle na geweld te wend.

“Hoekom moet julle die geslag aan wie julle jul lewens te danke het, skade aandoen? Wat het ons gedoen om dit te verdien?” het Sioka gevra.

Die minister het gesê vrouens moet gereed wees om hulself te kan verdedig - vandaar die aanmoediging om altyd ­pepersproei byderhand te hou.

“Verlaat 'n verhouding waarin jy mishandel word en meld dit ook aan,” het sy gesê.

“Ek het genoeg gehad van geslagsgeweld wat nie end kry nie. As ek moet, sal ek selfs dorpe gaan besoek om hieroor te praat.”

Sioka het ook kerke se samewerking in die stryd teen geweld teen vroue en kinders gevra.

Sy het ook gevra dat raadslede vergaderings hieroor hou om die kwessie te bespreek.

Sioka het gevra dat mense wat kos by voedselbanke ontvang hul besonderhede aan dié banke moet verskaf, sodat daar in gesprek met die gemeenskappe getree kan word.

Kiki Gbeho, Verenigde Nasies (VN)-koördineerder vir Namibië, het tydens dieselfde geleentheid gesê ten spyte daarvan dat Namibië een van die Afrika-lande is wat meer vroue in die parlement het, is daar steeds uitdagings.

Sy het gesê een uit elke drie getroude vrouens word op die een of ander manier deur hul mans mishandel. Gbeho het voorts gesê dat sowat 10 000 gevalle van geslagsgeweld, onder andere aanranding en verkragting, by die Namibiese polisie in die afgelope drie jaar aangemeld is.

Die presidentsvrou, me. Monica Geingos, het gesê as 'n huis gebroke is, is die gemeenskap ook gebroke.

Volgens haar moet die tekens van geslagsgeweld vroeër raakgesien word.

“Daar is hulp vir vroue en kinders, hulle moet net praat,” het sy gesê.

Sy het voorts gesê vroue moenie sake van geslagsgeweld wat hulle by die polisie aanmeld terugtrek nie.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!