Sisi besoek Washington vroeg in April
Sisi besoek Washington vroeg in April

Sisi besoek Washington vroeg in April

Egipte
Estelle de Bruyn
Egipte se president, Abdel Fattah al-Sisi, sal die eerste staatsbesoek in die eerste week van April onderneem, wanneer hy op uitnodiging van pres. Donald Trump Amerika besoek, het die Egiptiese staatskoerant, Al-Ahram, Sondag berig.

Dit sal Sisi se eerste staatsbesoek aan Amerika wees sedert hy in 2014 as president verkies is. Oudpres. Barack Obama het nooit 'n uitnodiging aan hom gerig nie.

Sisi is 'n jaar na die militêre omverwerping van sy voorganger, die Moslem Broederskap se president, Mohamed Morsi, na reusebetogings verkies. Trump het Sisi in Januarie genooi, maar die datum van die besoek is nog nie voorheen bekend gemaak nie.

- Nampa/Reuters

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!